Trokdrywer brand erg ná petrolbom

Foto: ER

ʼn Vragmotorbestuurder het ernstige brandwonde opgedoen toe die vragmotor waarin hy gery het Sondag in die vroeë oggendure op die N1 naby Touwsrivier in die Wes-Kaap aan die brand gesteek is.

Volgens Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het paramedici omstreeks 01:00 op die vragmotor afgekom wat sowat 10 km buite Touwsrivier langs die pad aan die brand was.

“Die bestuurder is ʼn ent weg van die vragmotor af aangetref. Hy het ernstige brandwonde en ʼn enkelbesering opgedoen.”

Die 50-jarige vragmotorbestuurder het aan paramedici verduidelik dat hy die vragmotor waarin hy gery het van die pad af getrek het om te rus. Terwyl hy gelê en slaap het, is ʼn petrolbom deur een van die vensters gegooi en die vragmotor het aan die brand geslaan.”

Volgens Vermaak kon die bestuurder daarin slaag om uit die vragmotor te kom waarna hy toe glo deur ʼn onbekende aantal mans gejaag is wat ʼn petrolbom in sy rigting gegooi het.

Die vragmotorbestuurder is op die toneel behandel voordat hy na die Mediclinic Worcester gehaas is vir verdere behandeling.

Die Touwsrivier-polisie en Worcester-brandweer was op die toneel. Die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Karlahari ·

Alle opposisie partye moet druk om hierdie optrede as terrorisme te laat verklaar.

willem Botha ·

Watter opposisie die anc is die regering die anc lite(Da) is kop in een mis en die meeste mense teen wie gediskrimineer word stem DA nou vra ek watter opposisie praat jy van

Die Verlore Skaap ·

Nou kan die hele wereld sien hoe lyk n land wat deur die ANC/EEF/BLF regering regeer word.
Chaos en pyn.

Vintcent ·

SA sal nooit regkom nie. Nie alvorens daar behoorlike leiers na vore tree en die huidige gespuis verwyder nie.

JJ ·

Stem saam. Maklik om voor n mikrofoon en kamera te staan en beloftes te maak, ander ding om te doen.

Victim ·

Poging tot moord! Almal wat klippe en petrolbomme na voertuie gooi, moet aangekla word van poging tot moord! Dit lyk of die regerende party te bang is om op te tree, so ons sal maar gewapen die paaie moet aandurf en onsself verdedig teen die moorddadige lafaards!

Karolis ·

Enige nuus oor die vrag? Dit is mos hoekom hulle hom brand steek.

James ·

Mense word vas gebind by hospitale, valse whatsapp boodskappe word vanaf n minister gestuur, 2 jong mense vermoor wat sonder petrol gaan staan. Klippe word op brue op vrag motors gegooi, hulle word aan die brand gesteek. Mnr President jy is in gestem en ingesweer doen iets!!!!!?? Dis n daaglikse slagveld hier!!!!!!!!!

koos ·

En die lur van onderwys in Gauteng het dit sy missie gemaak om afrikaanse skole te vernietig die DA keur dit goed so ek neem aan die mense wat DA stem keur dit dan ook goed.

Haan ·

James jy het n punt beet. Deur n objektiewe opsomming van die onlangse toename in geweld te maak, kan mens nie anders as om te voel dat hierdie terrorisme georkestreer word nie. Die vraag is net: wie baat by n land wat onregeerbaar is?

Chris Ws ·

Dis baie gevaarlik vir ‘n trokdrywer om langs ‘n pad te slaap.Maar my swaer is by ‘n Sasol truckstop aangeval toe hy uit sy vragmotor klim om iets te ete te koop.Hy is deur 8 aangerand met stokke en ysters en kon na hy bebloed was ontsnap toe ‘n ander vragmotor daar aankom en die horde op die een afstorm.Hy het nooit van die trauma herstel nie.Trok drywery net daar gelos.

Tiger ·

Trok drywers behoord ‘n metgesel saam te ry vir beveiliging.’n Ekstra paar oe en ore help,veral as daai ekstra persoon gewapen is.

Haan ·

Elke burger in die land behoort n metgesel saam te ry. n Metgesel aan jou heup!

Mark ·

Die storie klink nie lekket nie, vragmotors stop net by “truck stop’s” om te oornag hy is 10km van die naaste een. Wie ry op die N1 in die nag opsoek na trokke eyl daar so min trokke op ‘n naweek in die nag ry, dit nogal met ‘n petrolbom. Ai.

Corrie ·

Die SAP en Weermag sal ons nou moet begin escort op die paaie.

wonder net ·

@Mark. Weet jy hoe gou raak mens aan die slaap as n mens alreeds n vêr ent gery het en dit is in die middel van die nag?
Dan is 10km baie vêr om aan die slaap te raak. Baie meer wys om eerder af te trek en te rus voordat jy ń ongeluk maak en weer op die forum geskel word omdat jy nie rus nie.

Joey ·

Liewe genugtig ons land is werklik ñ misdaad zone. Mr Ramaposa moet nou uit sy comfort zone kom en ingryp. Een van die dae lyk SA soos al die Afrika landa rondom ons.

Elna ·

Stem saam Joey. Dis nie meer lank nie. SA is een van die mees onveilige plekke om te bly.

RERIG? ·

Enigste en ek meen die ENIGSTE oplossing is vir die Chaos en Anargie in die land…..is om duer die Hervorming van Nehemia te gaan.
Ons moet uit hierdie afgruislike HOER uitkom!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.