Tshwane maak stem nog dikker oor staking

Cilliers Brink en Johann Mettler van die Stad Tshwane. (Foto: Facebook)

Die Stad Tshwane het Saterdagaand 89 briewe uitgereik aan die elektrisiteit-skakelspanne regoor die stad, uitsluitend streek sewe, vir die versuim om hul pligte uit te voer tydens die voortslepende onwettige staking.

Die skakelspanne is die eerste mense wat reageer op kragonderbrekings, wie se plig hoofsaaklik is om foute te isoleer en om permitte vir toetsing of werkpermitte uit te reik indien daar ʼn behoefte is. Hulle is ook verantwoordelik vir die herstel van krag op die 11 kV-netwerkfoute.

Volgens Selby Bokaba, woordvoerder van die Tshwane-metro, was dit al die tweede week wat hierdie spanne van die werk af weggebly het. Hulle beweer dat hulle geïntimideer word deur hul stakende kollegas.

“Die stad het hulle skriftelik opdrag gegee om die persone of werknemers te identifiseer wat hulle intimideer of verhoed dat hulle hul pligte nakom,” sê Bokaba.

“Verder is hulle opdrag gegee dat indien hulle versuim om hul beweerde intimideerders te identifiseer, hulle ook as deel van die stakers geag sal word, en al die toepaslike bepalings vir werknemers wat staak, sal op hulle van toepassing wees.”

Die skakelspanne het kans tot Maandag om 11:00 om skriftelik op die stad te versoek te reageer.

Verskeie dele van die stad is in duisternis gedompel weens die voortslepende onwettige en onbeskermde staking deur werknemers verbonde aan die munisipaliteitvakbond Samwu. Die Maandag duur al twee weke.

Sommige gebiede het vir meer as vyf dae nie elektrisiteit gehad nie.

Die Tshwane-metro het reeds Donderdag 41 briewe van moontlike skorsing aan stakende munisipale werkers verbonde aan Samwu gestuur nadat hulle versuim het om gehoor te gee aan die tussentydse interdik wat die metro verlede week bekom het.

Die metro het ook weer die arbeidshof in Johannesburg op ʼn dringende basis nader – hierdie keer vir minagting van die hof. Uitspraak oor die aangeleentheid is voorbehou tot môre.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Flip ·

Gaan die diens wat nie gelewer is nie (rommel verwydering) nog steeds op my fakruur wees om betaal te word?

Schalk ·

Dalk is die tyd nou reg om te wys dat orde en reëls nie deur unies en kriminele geignoreer kan word nie. Daar is verseker genoeg werkloses om die werk te doen as dit nie deur ń politieke bril gedoen moet word nie.

Susanna ·

Sien wie skree die hardste as jou krag vir 10 dae af is, as al die bekwame mense afbetaal word.

Republikein in die Wes Kaap ·

Dis maklik om ongeskoolde arbeiders te vervang. Selfs halfgeskooldes kan vinnig opgelei word. Maar geskooldes is ‘n ander storie.

Susanna ·

Okay, sê nou gou vir my. As iemand op jou afstorm met ‘n baksteen, gaan jy eers gou vir hom vra, ag askuus tog meneer, sê gou vir my wie is jy en waar werk jy of identifiseer jouself, want my baas wil weet, sonie word ek afgedank. Really!!! Dis nou absurd.

Grassie ·

Ons het ‘n regeringsleier soos Margaret Thatcher nodig wat nie geskroom het om die vakbonde op hul herrie te gee nie en sodoende die moddereiland se ekonomie gered het. Verder kort ons ‘n polisieMAG wat in staat is om misdadigers soos brandstigters en plunderaars kliphard aan te vat en wet en orde te handhaaf. Maar helaas. Ons sit met ‘n slaprug, slap… onbevoegde president wat so diep indie vakbonde ingekruip het dat nog net sy hakskene uitsteek en die mees onbevoegde en wanfunksionele polisiediens in die beskaafde wêreld.

Patch ·

Ek sal graag wil weet wanneer asblikke leeg gemaak gaan word. Op plekke lyk die strate en sypaadjies soos ‘n rommelhoop.
Ek stem saam met Schalk, daar is baie werklose mense wat bereid sal wees om die werk te doen as die politieke bril afgehaal word.

Papsak ·

Ja nog steeds gaan ons moet betaal want hierdie sleg klomp goed wil nie werk nie jaag hulle weg daar hoeveel mense wat graag wil werk kyk bietjie om julle rond en vat mense wat wil en kan en probleem sal op gelos wees

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.