Tshwane-staking: Werkers aangerand; trokke, bakkie brand

(Foto: Verskaf deur die Tshwane-stadsraad)

Wat begin het as sporadiese dade van geweld wat met die onwettige stakingsaksie verbind word, het nou volgens die koalisieregering in georganiseerde geweld verander wat daarop gemik is om Tshwane te destabiliseer deur die stad, sy eiendom en sy werknemers aan te val.

Die Tshwane-metro het Woensdag weer swaar onder die staking  – wat al langer as ʼn maand voortduur – gebuk gegaan. Verskeie stadseiendom is aan die brand gesteek en werknemers wat wou werk, is aangerand.

Selby Bokaba, woordvoerder van die Tshwane-metroraad, sê die slu en gewelddadige karakter van die onwettige en onbeskermde staking het die munisipaliteit se topbestuur diep bedroef, kwaad en geskok gelaat.

’n Tshwane-bakkie, ’n watertenkwa, drie vragmotors van die departement water en sanitasie sowel as ’n A Re Yeng-bus, is in verskeie gewelddadige aanvalle in Pretoria se middestad beskadig. Vier van hierdie voertuie is aan die brand gesteek en van die werknemers is tydens die voorvalle gewelddadig aangerand. Een van die werkers is in ’n ernstige toestand hospitaal toe geneem.

Die eerste vragmotor, ’n watertenkwa wat aan die munisipaliteit behoort, is net buite die Princess Park-depot in Nana Sita‑ (weswaarts), Charlotte Maxeke- en Es’kia Mphahlelestraat verbrand.

Volgens Bokaba was die trok pas met water – vir aflewering by informele nedersettings – gevul, toe dit aan die brand gesteek is.

“Die bestuurder is ook aangerand, gelukkig het hy daarin geslaag om te ontsnap sonder om ernstige beserings op te doen.”

Die bakkie, wat in dieselfde omgewing as die vragmotor aan die brand gesteek is, behoort aan die stad se batebeskermingsmoniteringseenheid.

“Die lede is verantwoordelik vir die beskerming van die stad se bates soos die depots en substasies. Hulle was ten tyde van die aanval besig om die depots te monitor en moes hospitaal toe geneem word nadat hulle beserings opgedoen het,” sê Bokaba.

Nog twee vragmotors, wat aan die vullisverwyderingsdepartement behoort, is in Kgosi Mampuru-straat, tussen Pretorius- en WF Nkomostraat, aan die brand gesteek.

“Die bestuurders is veilig en het geen beserings opgedoen nie. Hulle kon gelukkig hul stakende kollegas, wat onverwags op hulle toegeslaan het, ontduik.”

Johann Mettler, die stadsbestuurder, het ook die gewelddadige aanval op die stad ten sterkste veroordeel en ʼn beroep op wetstoepassers gedoen om die oortreders van “hierdie gruwelike misdade vas te trek en voor die hof te bring”.

“Ek doen ’n beroep op die wetstoepassingsagentskappe om sigbaar te wees in die uitvoering van hul polisiëringspligte en om die oortreders vinnig vas te trek,” het ’n ontstoke Mettler gesê.

Grandi Theunissen, VF Plus-raadslid en burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsveiligheid in die Tshwane-metroraad, sê hy wil dit weereens duidelik stel dat die optrede doodgewoon krimineel en heeltemal onaanvaarbaar is.

“Ons het ver verby enige punt beweeg waar onderhandeling moontlik is. Wat ons nou nodig het, is daadwerklike polisie-ingryping en optrede om die skuldiges te identifiseer, op te spoor, in hegtenis te neem en te vervolg.”

Busdienste gestaak

Die Tshwane-metro het ook Woensdag bevestig dat alle A Re Yeng- en Tshwane-busdiensbedrywighede opgeskort is.

Dit volg ná busse met klippe en ander voorwerpe tydens Woensdag se bedrywighede bestook is.

“In die belang van die veiligheid van ons pendelaars en werknemers, het ons die besluit geneem om bedrywighede op te skort.

“Verder is dit belangrik dat ons infrastruktuur teen hierdie kriminele elemente beskerm word. Dit is nou duidelik dat die stad nie meer te doen het met ’n onwettige stakingsaksie nie, maar met ’n goed gekoördineerde kriminele aanval op ons stad.

“Ons vra om verskoning vir die ongerief wat veroorsaak is en raai pendelaars aan om alternatiewe vervoer te reël,” sê Bokaba.

Pendelaars sal op hoogte gehou word van busbedrywighede en verdere ontwikkelinge.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

54 Kommentare

Henning ·

En deur die eindom van die Metro te vernietig en dan vir verhoging te vra maak sin?

Euodia ·

Hulle vra vir verhogings en dan vernietig hulle alles, waar moet die geld vandaan kom om te vervang. Stupid,stupid!!!! Wees dankbaar vir wat jy het daar is baie wat met baie minder tevrede moet wees!!!!

Harley Davidson ·

Hierdie is onaanvaarbaar, hoe gebeur die dinge helder oordag in die midde stad, almal weet die saps is “useless ” maar die metro polisie val onder die metro en is sekerlik in staat om hierdie insidente te voorkom.

Ziggy ·

Ek stem, waar is die Stadsraad se eie onluste eenheid? Bestaan die Rooimiere eenheid nog?Die oomblik as daar streng optrede teen hierdie anargie gaan plaasvind, gaan dit soos mis voor die son verdwyn.

TrueMan ·

Dit s hoe mens die nuus lees. Nie oor wat geskryf is, maar wat nie geskryf is

Jack ·

So die Metro se voertuie word vernietig maar more is hulle die eerste wat sê dienste word nie gelewer nie.Dink mooi.Hoekom moet hierdie gemors werkers enigsins nog werk hê of daarop aandring.Dank ALMAL af en vervang met mense wat wil werk.Dan kry sekuriteit om die werkers te beskerm teen intimidasie en aanvalle.Wet en orde is lankal iets van die verlede.

melaney ·

Om ‘n salaris verhoging te vra is hulle reg, maar om Twane Stadsraad te forseer om die verhogings te betaal, is heeltemal oorbodig.

Delia ·

Sjoe..wie is die wenners..niemand. hierdie is n magstryd…niks anders.

Anon ·

Ons vra dat daar standpunt geneem word en wanneer iemand dit uiteindelik doen word dit as ‘n magspel uitgebeeld deur mense. Die kriminele sal altyd wen en ons buk en betaal.

Delia ·

Anon. Jy verstaan my heeltemal verkeerd. Ek stem saam met Brink in wat hy doen, want hy is in beheer. Die magstryd kom in by die Metro werkers wat ek dink n houding inneem…ons sal jou wys.
Natuurlik moet Brink sterk staan en ons moet hom ondersteun. En dit is moeilik op die oomblik. Die gemeenskap wen geensins op die stadium.

DIABLO ·

Ek kan nie die gevoel skud dat hierdie kriminele betaal word deur die ANC nie….

Hannes ·

Waar is die Polisie? Ons moet ons reg maak vir ‘n groot gemors met die aanloop na die 2024 verkiessing. Ek is nie ‘n voorstander vir samesweringsteorieë nie maar dit wil blyk of die ANC vir Cilliers Brink teiken met dit waaraan hulle gewoond is, geweld en verwoesting.

etienne ·

Een kan net begin wonder waarom die Howe nou die guns van die werkers begin staan, is hierdie ook dalk nou n Politieke speelbal, en net die belastingbetalers en die werkwers (ook belastingbetalers) wat onder politieke inmenging gebuk moet gaan.

Kokerboom ·

Hierdie is nou absolute twak, en terrorisme teen bates van belastringbetalers in Pretoria!!Beveg vuur met vuur en tree hardhandig teen boewe op. Die ruggraatlose president sal NIE iets doen. Mens van Tshwane neem jul stad terug asb!!!Kry grip asb

Anel ·

Ja,wel, ek sou sê daar gaan die verhoging. “Ken dit toe” maar trek dit af om skade te verhaal. So maklik soos dit. Baie is nie betrokke nie, maar weet wie die skuldiges is. Glo mos dat as ‘n paar geweldadig raak almal baat by verhogings. Nuus vir julle. Niemand behoort nou ieys te kry nie. Want wie is die verloorders? Ons, wat betaal vir “geen dienste”! Ons kan nie elke keer pa staan vir hul verwoestende gedrag nie. As jy nie tevrede is met jou geld nie, gaan kry ‘n ander werk. Moennie dit wat aan iemand anders behoort, vernietig nie!

Johan ·

Bloot onaanvaarbare kriminele gedrag en lank nie meer n staking nie. In hierdie geval moet vuur met vuur beveg word. Hanteer die kriminele met n ystervuis! Wanneer die gemors verby is, sal owerhede weer kwansuis die vakbond vir die skade aanspreeklik hou, maar dis waar dit elke keer eindig… vakbonde vee hul af daaraan en ons belastingbetalers hoes maar weer! Waar is ons eie Margaret Thatcher nou……

Francois ·

2 maande geen diens maar daar word verwag ek moet vir die geen dienste betaal. Trek dit van die stakende werkers se salaris af

Spade ·

Gaan kyk asb asb asb die dokumentêr, Tainted Heroes, dan sal julle almal verstaan hoekom alles in SA gebeur. Die hele wêreld moet die dokumentêr kyk insluitende alle Suid-Afrikaners om die waarheid te weet van die verlede en hoe die regerende party hulle kaarte speel. Dit sal dan ook begin sin maak wat Julies Malema probeer bereik deur geskiedenis te laat probeer herhaal, naar die keer gaan dit hand aan hand met die ANC.

Amelia ·

het dit ook gekyk jys heelwaarskylik reg beveel ook aan om siener van rensburg se boek profeet van GOD te lees sien swaar tye erger as nou

Annakapat ·

Ek werk in een van die City of Tshwane se geboue in die middestad. Ons het gister ‘n bdskp gekry dat hulle vandag na ons gebou toe kom om ons te kom uitjaag omdat ons nie staak nie. Dis ook nie die eerste keer nie. Ons word gereeld gewaarsku om te ontruim. So, julle lesers kan so klein bietjie simpatie hê vir die omstandighede waaronder ons werk. Ons het reeds in 2021 ook nie ‘n verhoging van 3.5% gekry nie en nou weer nie die 5.4% waarvoor daar al 3jaar gelede onderhandel was nie. Ons
moet ook byhou met al die verhogings in lewenskoste. Baie van ons mense is enkelouers.

Karoo ·

Ek hoor jou lied… maar….kry die mense om hulle rekeninge te betaal dan is daar meer as genoeg geld vir verhogings.

Florie ·

Met covid het die munisipaliteit personeel vol salaris ontvang. In die privaat sektor nie. In teen deel ons salarisse is gesny agv van die ekonomie. Dus het ons ook nog geen verhoging gekry nie. Dink jy nie ons lewens kostes styg ook nie. O ja ek verdien minder as wat die minimum loon in die munisipaliteit in. Net so terloops

Andrew ·

Ne, baie het in dieselfde tyd werk verloor en baie mense het verlagings gekry? Dink nie munisipale werkers is alleen geraak nie. Meeste is in elk geval oorbetaal al reeds.

Sue ·

So die stad word gestraf Vir jare se wanadministrasie deur die ANC en nou moet Julle betaal word met geld wat daar Nie is Nie? Wees dankbaar jy het werk!

Karoo ·

Man, brand net asseblief alles toe die grond af en kry klaar. Ek weet ons sal uit die as uit opstaan, en die keer sleep ons niemand saam nie.

Di ·

Hou op gatlek en neem drastiese stappe – hierdie is niks minder as terrorisme nie! Sodra die eerste skote klap hardloop hulle almal weg, lafaards

Kobus ·

@Annakapat. Ek verstaan jou pleidooi maar, ek het 3 jaar laas ‘n verhoging / aanpassing in my salaris gehad. My werkgewer kan dit nie bekostig nie maar ipv om mense af te dank en om verhogings te bekostig, hou hy sedert Covid nog almal indiens. Hoekom moet werknemwers ‘n verhoging kry? Hang dit nie af van prestasie en produktiwiteit af nie? Is daar nog doelwitte en hoe word instette / uitsette gemeet? Dis net regverdig dat die persoon wat sy / haar kant bring regverdig vergoed word. Probleem is , as daar net R10 in die kasregister is hoe kan ek R12 eis? Dis ook ‘n algemene feit dat vorige verhogings bo inflasie was. Ons almal trek swaar.

Annakapat ·

Klink 3.5% en 5.4% vir jou bo inflasie?
Wat ookal… Ons leef almal met een of ander frustrasie.
Wonderlike dag

Althes ·

Ek wens daar was ñ wet wat die ekonomiese destabilisasie van ñ maatskappy/munisipaliteit – dat die beskuldigdes aanspreeklik gehou word vir die beskadiging/vernietiging van eiendom, dat daardie beskuldigdes die skade wat veroorsaak is, van hul verhaal word en/of alternatiewelik tronkstraf kry

gpsa ·

Waar is die polisie, waar is die weermag? Wat doen hulle? Ek was die vorige dag in daardie area en vullis trokke gesien wat deur metro polisie begely word, dis basies in die stad. Helder oor dag. Sedert die staking begin het, het ek nog nie een SAPS voertuig eers gesien nie. Metro polisie is duidelik nie opgewasse vir die taak nie

Kriminele is in beheer in Pta, mense leef in haaglike omstandighede, omdat hulpbronne nie gebruik word nie. Ontplooi SAPS en weermag.

bolletjie blom ·

En so saai hulle verwoesting oral waar hulle gaan en op die ou einde moet die belastingbetaler betaal vir nuwe voeruie ensovoorts.

Heinrich ·

Dis alles deel van die transformasie. Die strate is nou reg vernoem na wat daar gebeur, daar word met geweld teen beskawing baklei.

Luckykat ·

Los, dat hul als afbrand. Maar dan moet jul hul nie weer more jammer kry en kospakkies aanry nie.

George ·

Ja ne, die ANC het so geleer protest, en so sal dit gaan tot die wederkoms.

Vanessa ·

Dan is dit seker tyd dat daar oorgegaan moet word na geweld deur die polisie en Metro. Dit hou mos dan duidelik ook ‘n gevaar in vir die publiek. Dit is skokkend om te sien hoe alles agteruit gaan en mense weg kom daarmee. Dit kan nie so aangaan nie. Kry sekuriteit instansies in om te help om orde te skep. Daar moet ‘n voorbeeld gestel word van die mense om sulke optredes te verhoed.

Tokkel ·

Die brandstigters moet aangekla word vir terrorisme. Waar kan jy die regering en mense se goed afbrand en verniel en niks kom hul oor nie. More steek hulle weer iets anders aan die brand, omdat daar nie ‘n vullislorrie is nie…. Of is dit waar die 30% slaagsyfer by skole inkom??

LC ·

Wonderlik hoe daar niks gese word hoe Pretoria Noord en ander gebiede om ons lyk nie die vuilis hoop op die mense damp orals en dan word dit aan die brand gesteek. Ons het al vir langer as ‘n maand geen dienste nie. Tyd dat die koerante kom kyk hoe lyk die Noord die arme mense wat in Daan de wet Nel Drive bly ly die ergste.

Lourens ·

Mense hierdie het niks met die staking uit te waai nie. Dit gaan oor volgende jaar se verkiesing. SAPS is nasionaal, en onder ANC beheer. Hoekom gaan hulle die Tshwane metro (Onder DA beheer) help om eiendom en werkers te beskerm? Die Metro polisie moet dit doen. Dan hoef daar nie 4 metro beamptes by elke 2e verkeerslig rond te staan sonder om iets te doen nie. En bewapen sommer julle drywers. Kan nie dink dat ‘n “staker” steeds gaan probeer om die drywer uit die trok te sleep as hy ‘n 9mm koeël in sy lyf het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.