“Ons kan bevestig dat dissiplinêre stappe tans onderweg is aangesien ons genoop is om die vereiste arbeidsverhoudinge-prosesse te volg,” het Suzanne Myburgh, FNB se waarnemende hoof van digitale bemarking, gesê.
Dit volg nadat FNB se Twitter-persoonlikheid, @RbJacobs, ʼn herrie veroorsaak het nadat hy Dinsdagoggend op Twitter gesê het Steve van dié bank se advertensies is in Afghanistan, besig om ‘n bom onder ‘n gestremde se rolstoel te plant.
Talle volgelinge het hul misnoeë oor dié onsensitiewe boodskap uitgespreek. Die boodskap is kort daarna van Twitter verwyder en @RbJacobs het om verskoning gevra. “Aanvaar asseblief my verskoning,” het hy gesê. “My antwoord vanoggend was geensins bedoel om enigiemand te na te kom of gestremdes te verkleineer nie.”
Lees ook:
Herrie oor FNB se Twitter-“grappie”