Tuks-uitspraak ʼn ‘groot terugslag’

Die Skip (Universiteit van Pretoria) Foto: AfriForum Jeug

Die Skip (Universiteit van Pretoria) Foto: AfriForum Jeug

Die hooggeregshof in Pretoria het Donderdag ʼn aansoek van AfriForum, AfriForum Jeug en Solidariteit teen die Universiteit van Pretoria (UP) se besluit om Afrikaans as onderrigmedium vanaf 2017 uit te faseer, van die hand gewys.

Die drie organisasies het die hofuitspraak as ʼn terugslag vir Suid-Afrikaanse taalregte beskryf. Die UP kan dus van 2017 voortgaan met sy plan om Afrikaans as medium van onderrig te begin uitfaseer.

AfriForum, AfriForum Jeug en Solidariteit se aansoek is op 1 Desember aangehoor. Die organisasies meen die nuwe taalbeleid is ’n growwe skending van Afrikaanse studente se grondwetlik erkende taalregte.

“Die saak gaan nie net oor die beregtiging van Afrikaanse studente nie, maar om die beskerming van die beginsels van moedertaalonderrig en meertaligheid, teenoor eentalige Engelse onderrig, wat toenemend deur instellings afgedwing word ten koste van die sowat 90% van die land se inwoners wat ander moedertale het,” het die organisasies gesê.

AfriForum, AfriForum Jeug en Solidariteit het gesê hul regspan sal die uitspraak in detail bestudeer om te besluit om te appelleer al dan nie. “Die drie organisasies sal enige stappe moontlik neem ter beskerming en handhawing van Afrikaanse studente se reg om in hul moedertaal te studeer. Die organisasies het vanjaar reeds ’n soortgelyke saak teen die bestuur van die Universiteit van die Vrystaat gewen,” het die verklaring gelui.

Anna-Retha Bouwer, woordvoerder van die UP, het gesê die universiteit verwelkom die hofuitspraak. “Ons sal voortgaan om saam met alle belanghebbendes te werk, om seker te maak die nuwe taalbeleid word met die minste moontlike ontwrigting geïmplementeer en in belang van alle studente en ander lede van die universiteit,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

39 Kommentare

jongste oudste gewildste
Voorwaarts

Terugslag? Nee ek sien dit net as ‘n por van agter in die regte rigting: ons eie Universiteit. Soos ons maar altyd gemaak het. Dankie, Solidariteit en Afriforum. Voorwaarts, Akademia: julle kry my stem en my geld, werk asb. hard aan daardie wetenskaplik-mediese rigtings. Aan my Alma Mater: kry vir jou ‘n klein helikoptertjie. En vlieg in jou…As my taal nie goed genoeg is nie, is my hardgespaarde geld vir tersiêre opleiding ook nie.

Aster

Ja nee! Maak nie saak wat ons doen om ons taal en kultuur te red nie, in hierdie land sal alles altyd teen blank wees.

al

Dis baie jammer. Ons moet die taal aktief hou waar ons ook al heen gaan. Dis al oplossing. Als verengels nou en die inheemse tale is nie n prioriteit nien

polities verkeerd

Groot probleem is dat die Engelse studente na die Afrikaanse Universiteite toe begin stroom ht om weg te kom van die verval van die Engelse Universiteite. nou sit die Afrikaanse Universiteite met die gebakte pere. Die Engelse studente moet eerder teruggaan warvandaan hulle kom. Hulle is meestal Liberaal en veroorsaak ook groot probleme met hulle erge polities-korrektheid. Dit gaan hulle nog in die hakstkeen byt. Hulle sal ook die mense wees wat eerste land-uit vlug want sulke mense het nie rugraat nie.

JC

Akademia, Afrikaanse Protestantse Akademie-APA (bied BA graad en B- Th (teologie) graad aan), en AROS NOU die antwoord met Afrikaanse Christelike grondslag!! EK SKAAM MY ORE VAN MY KOP AF OM ‘N KAMTIGE OUD-TUKKIE TE WEES!! Geen meer ondersteuning aan Tuks nie, geen geld, skenkings, donasies of ondersteuning aan hulle nie!! Openbare universiteite gaan hole word terwyl ons eie Afrikaanse PRIVAAT instansies vorentoe gaan gaan!! ONS SAL NOOIT OPGEE NIE, NOOIT OPHOU VEG VIR ONS PRAGTIGE TAAL AFRIKAANS NIE!! ONS SAL AANHOU POSITIEF WEES KOM WAT WIL!!Hulle kan Afrikaans probeer vernietig, MAAR SKIET HULSELF NET EENVOUDIG IN DIE VOET! ‘n… Lees meer »