TV-persoonlikheid sê jammer ná storm op sosiale media

Shashi Naidoo. Foto: Instagram

Die model en televisiepersoonlikheid, Shashi Naidoo, sal ʼn feitebesoek aan Palestina onderneem nadat ʼn storm om haar kop losgebars het toe sy na Gasa as ʼn “sh**hole” verwys het.

Naidoo het Woensdag tydens ʼn mediakonferensie in Johannesburg aangekondig dat sy die reis na Palestina sal onderneem. Volgens Naidoo sal sy en haar ma self vir die reis betaal.

Die herrie het gekom nadat Naidoo op sosiale media in ʼn reeks inskrywings aan die debat rakende die onrus tussen Israel en Palestina deelgeneem het. Sy het na Gasa as ʼn “sh**hole” verwys en pro-Israel-stellings gemaak. Sy het ook na Gasa gekap omdat sy meen hulpbronne nie aangewend word om die land se bevolking te help nie, maar eerder “om Israel uit te wis”.

Sy het later dié inskrywings uitgevee. Naidoo het Woensdag gesê sy het dom opgetree om die woorde van ʼn vriend elektronies net so te kopieer en te plak in ʼn flou poging om “slim te lyk” op sosiale media sonder dat sy die inskrywing behoorlik gelees het.

Shashi Naidoo tydens die mediakonferensie in Johannesburg. Foto: ANA

Naidoo het na BDS SA (Boycott, Divestment and Sanctions) uitgereik nadat die inskrywings haar vurige kritiek op die hals gehaal het, onder wie sommige borge wat hul kontrakte met haar beëindig het. Naidoo het gesê sy het begrip daarvoor dat van haar borge hulle wil onttrek ná die voorval.

Mohamed Desai, woordvoerder van BDS, het gesê: “Shashi Naidoo het die besluit geneem om ons voorstel te aanvaar dat sy ʼn feitebesoek aan Palestina onderneem. Die besoek sal gelei word deur die Nasionale Raad van Kerke, asook South African Jews for a Free Palestine.”

Desai het gesê die organisasie veroordeel alle vorme van rassisme, waaronder anti-Semitisme, alle vorme van geweld en die doodsdreigemente wat Naidoo ontvang het. “Ons aanvaar Shashi Naidoo se verskoning ten volle en ons almal kan hieruit leer. Moet asseblief nie elektronies kopieer en plak nie,” het Desai bygevoeg.

Die Nasionale Raad van Kerke het ook Naidoo se verskoning aanvaar en gesê die besoek aan Palestina sal as ʼn goeie geleentheid dien vir Naidoo om meer oor die kwessie te leer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

PFT ·

Wil vir my lyk dat die “persoonlikhede” dié gebruik om hul gesigte en name in die media te hou

Snuffels ·

So wie anders sou vir die besoek betaal het??? Sal hoop sy moet dit self betaal…anders het ek ook n paar nare goed te se oor Venice, New York ens…stuur my dan soontoe

marous ·

Gaan enige iemand optree as daar na Israel in dieselfde woorde verwys word ?

Lagwekkend ·

Ruggraatloos om stellings terug te trek. En nie ñ enkele ding wat sy kwyt geraak het is onwaar nie. Ag nee regtig. Hou op om soos jellievisse saam die stroom te dryf!

sente ·

Dit begin nou die sak raak dis hoekom die Jellievis mentaliteit nou sy kop uitsteek. Staan by wat jy sê of los dit. Daar is ‘n bekende Afrikaanse sanger wat by sy standpunt staan al boikot mense hom. Dit noem mens integriteit.

What a joke! ·

Wel of mense nou daar van hou of nie …Sy slaan die spyker op die kop!
Dit is net alweer die liberale politiese kruipers wat sal verskil…
Lets call a spade a spade…..

Passop ·

As jy Oom Donald Trump is en nie borge en mense kort nie dan se jy sulke goed, maar as jy afhanklik is van mense tel maar woorde

Paul ·

Jip, al wat teenstaander van Israel is, het druk op haar geplaas, haar in effek verguis en gedwing om op TV omverskoning te vra en aan te kondig dat sy ‘n reis na Gasa gaan onderneem om eerstehands kennis op te doen. Natuurlik ook om te red wat te redde is.

Dit laat my toe dink aan Eish wat nou en dan hier onderaan artikels in sy kommentare skryf dat Suid-Afrika ‘n ‘helhool’ is. Een van die dae sien ek gryp die mense wat eksepsie neem hom, dwing hom om op TV omverskoning te vra en laat hom op eie koste ‘n reis deur die land onderneem.

kryger ·

kan ons asb. die borge wat ontrek het of gedreig het om te ontrek se name bekend gemaak kry?

Willem ·

Dit sal interessant wees om te sien en lees wat Shahsi Naidoo te sê sal hê as sy terug van haar feitebesoek aan Palestina is. Ek sal wil aanbeveel dat sy ook in Israel ‘n toer sal onderneem om haar te veregewis wat daar aangaan, dit behoort mos vir haar ‘n gebalanseerde werklikheid op die toestande te gee. Wat ook sal help is as sy die hele geskiedenis van die mense en die streek oplees om te sien waar die konflik vandaan kom.

Anna ·

Dis nie regtig moontlik om in Palestina te kom sonder om eers in Israel te wees nie.

Willem ·

Reg Anna, maar sy moet nie net daardeur reis na Palestina toe nie, maar ook ‘n toer in Israel onderneem.

christa ·

die mense raak net meer en meer kinderagtiger. elke dingetjie word uit verband geruk. Waarom raak die mense so kleinserig vir elke dingetjie??? is dit om aandag te soek

Cherokee ·

Kritiseer jy haar oorspronklike stelling of die verskoning daarvoor? Op sosiale media is dit belangrik om jouself duidelik uit te spreek, anders raak die ore weer ‘n faktor.

Blommie ·

Haai Jannie Nooit en jy het nog nooits iets simpels gese nie.
Net omdat sy bekend is, hoor mens daarvan.
Maar as sy nie bekend was nie. Het geen haan gekraai daaroor nie.
Mense is OOR sensitief.

Willem ·

Dit wil voorkom of net sekere mense in die land mag sê wal hulle wil en onaantasbaar is.

E.K. die eerste ·

Vinnige vingertjies: bly liefs weg van sosiale media

Anni ·

So, ‘n mens mag nie meer ‘n opinie he nie? Mense steur hulle regtig te veel aan nonsens.

Kerk0 ·

Hoekom moet die “Raad van Kerke” haar verskoning aanvaar? Wat het die “Raad van Kerke” daarmee uit te waai – as dit anti-semisties was, was dit ‘n ander saak. Hoekom meng die “Raad van Kerke” hom by ‘n politieke probleem in )Israel vs Palestina). Lidmate moet begin vrae vra oor die Kerk se inmenging in dinge wat hulle nie aangaan nie. Het lidmate die Kerk ‘n mandaat gegee om pro-Palestina te wees? Kan Kerke hulle geloof vereenselwig met bewese terroriste organisasies soos HAMAS in Palestina? Wat se dit dan van die Kerk waaraan ons behoort? Erger nog, weet ons waarheen ons kerk bydraes gaan – dalk is ons besig om terrorisme te ondersteun via die Kerk, ontwetend dalk? Die raad van Kerke se lidmate sluit in die “Volkskerk van Afrika”, “The Salvation Army”, “Metodiste Kerk van Suider Afrika”, “Gereformeerde Kerke in Suid Afrika”, “Nederduitse Kerk van Afrika – NG-Kerk!”, “Young Mens Christian Association”. Ons MOET begin vrae vra oor waarin ons dalk ontwetend ‘n belang het? Kerke moet ons gerusstel dat hulle nie ons lidmaatskap misbruik vir iets waaraan ons in die alledaagse lewe nooit party van sal wees nie? Erger, weet die plaaslike leraar wat maak die Kerke met die bydraes van lidmate? Befonds ons die “Raad van Kerke” deur lidmaatskapsgeld, wat vloei na Palestina?

Boerseun ·

Wie is dit. Is dit die ouens wat die Bybel probeer herskryf?

alwyn burger ·

Ons is terug in die Donker Eeue. Die wêreld is nie rond nie …dit is plat….en die keiser het mooi klere aan

Wessel ·

Ek het gelees wat sy eerste gesê en saamgestem. Nou weet sy. Jy het die vryheid van spraak solank jy net sê wat ander mense pas. Daar is duisende mense wat saamstem met haar. Lag maar net en moenie eers jou asem mors nie. Dit maak jou sterker. As die SA media en politieke leiers met mens verskil is jy heel moontlik op die regte pad.

Willie ·

Dis vandag uiters gevaarlik om nie ALTYD polities korrek op te tree nie. Ai…

Elle ·

James Bond,ek stem saam.
“Copy and paste “se alie! Net ‘n gerieflike verskoning.
Nou blameer sy haar eie reaksie op ‘n vriend. Ai!
Liewer Pa-staan vir jou eie foute en/ of waarhede,moenie blaam pak op “Copy and Paste” nie.

Christjan ·

Lyk my ons raak nou te belaglik vir woorde. Dis nou onpolities om te sê iemand is “blond” ‘n “brood” of wat ookal – al is daar genoegsame bewyse dat die persoon wel so is! Bou ‘n brug en kom daaróór!

Gatvol ·

Ek het alle respek en aansien vir die vrou verloor. Nie geweet dat sy so rug graadloos is nie.

Lukas van Zyl ·

Sy en haar ma sal die reis self betaal. Wie anders moes dit dan betaal? En punt twee, dit is hoekom ” modelle” moet model en nie inmeng of hul uitlaat oor landsake waarvan hul duidelik niks weet nie…

Probeer slim wees ·

In die moeilikheid oor iets wat sy nie eens self gesê het nie…
Dis nou wat gebeur as jy eintlik niks weet nie en dan “probeer slim lyk” en ander se woorde copy en paste…sonder om te lees.
Nou lyk jy nog minder slim.
Copy paste ander se woorde
Trek dan terug wat….jy nie gesê het nie
…en dit als om “slim te lyk”…. so bietjie gebackfire??

dejager ·

As daar nie ń geldige teenargument vir iemand se stellings is nie glo instansies soos BDS kan jy die persoon self aanval met ń emosie- belaaide tirade en sodoende dwing om ń logiese en geldige argument terug te trek.
Skree net baie hard en pleit slagofferskap en so ‘wen’ mens enige argument in ons demokrasie-parodie.
Die waarheid maak seer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.