Twee beseer toe hulle van brug val

Foto verskaf deur Rescue Care

ʼn Man en ʼn vrou het Sondag ernstige beserings opgedoen nadat hulle van ʼn brug in Pinetown in KwaZulu-Natal geval het.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, het gesê die voorval het net ná middernag in Escomweg in Pinetown plaasgevind. “Paramedici het by die toneel opgedaag en gille van onder gehoor. Hulle het flitse gebruik en kon twee persone onder die brug sien,” het hy verduidelik.

Die paramedici het dadelik reddingsbeamptes ontbied en self versigtig na die persone begin beweeg. “Paramedici het die twee persone gestabiliseer. Rescue Tech-organisasie het intussen opgedaag en ʼn ingewikkelde toureddingstelsel met ʼn gespesialiseerde draagbaar beplan wat na die twee beseerde persone afgesak kon word.”

Die man en vrou is na die oppervlak gebring en met ʼn ambulans na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Dit is nog nie duidelik waarom die twee persone van die brug afgeval het nie. Die polisie was op die toneel en stel verder ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Yankee ·

Nou hoe in moedersnaam val jy van n brug af as jy nugter is!!

SjN ·

Of die oomblik was te groot en die slinger sous het begin werk.

Sê net ·

Hulle wou dalk ‘n “selfie” neem in ‘n gevaarlike posisie. In 6 jaar is daar al 259 mense wêreldwyd dood weens selfies wat hulle probeer neem het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.