Twee bly in aanhouding na aanval op 90-jarige, blinde seun

Argieffoto.

Die twee verdagtes wat verlede jaar aangekeer is nadat hulle na bewering ’n 90-jarige vrou van Limpopo en haar blinde seun (71) in hul huis aangeval het, bly in aanhouding.

Frans Mashitele (32) en Marotji Shokane (33) het Maandag weer vlugtig in die Mankweng-streekhof verskyn op aanklagte van moord, poging tot moord en huisroof.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, sê die twee sal na verwagting weer op 19 Maart in die hof verskyn. Die saak is uitgestel vir verdere ondersoek.

Die twee se aansoek om borgtog is tydens hul vorige hofverskyning in November geweier.

Maroela Media het vroeër berig ma en seun het in November in hul huis in Marobala buite Mankweng gelê en slaap toe twee verdagtes die huis oopgebreek en geld by die bejaarde vrou, intussen geïdentifiseer as Ledile Sarah Dikgale, geëis het. Dikgale en haar seun is aangerand en verskeie kere met ʼn skerp voorwerp gesteek voor die aanvallers gevlug het.

Die polisie en paramedici is na die toneel ontbied, waar Dikgale dood verklaar is. Haar seun is met ernstige beserings na ʼn hospitaal geneem.

Die twee verdagtes is die week na die voorval by ʼn plaaslike taverne aangekeer nadat ʼn wenk van ʼn inwoner ontvang is, en toe positief met die voorval verbind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Daniel ·

Lafaards! Sal julle 2 volwasse sterk mans aanval? Ek glo nie, teiken ou en weerlose mense! Walglik!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.