Twee dogtertjies sterf in brand in Limpopo

Argieffoto

Die polisie ondersoek ʼn saak van brandstigting nadat twee dogtertjies, onderskeidelik twee en vyf jaar oud, in ʼn huis in Limpopo gesterf het.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het vroeg Vrydagoggend plaasgevind. ʼn Familie van agt mense, van drie maande oud tot 70 jaar oud, het in die huis in Sekgakgapeng geslaap toe iemand die huis met ʼn petrolbom bestook het.

“Die huis het dadelik begin brand. Die familie was in die huis vasgekeer,” het hy bygevoeg.

Brandbestryders het die brand geblus en die familie gered, maar die twee dogtertjies was kritiek beseer en Sadie Kekana (2) en Kamogelo Kekana (5) het op pad na die hospitaal aan hul beserings beswyk.

Die res van die familie word vir brandwonde behandel.

“Die verdagte is steeds voortvlugtig. Die motief vir die voorval is nog nie bekend nie, maar huishoudelike geweld kan nie uitgesluit word nie.”

Die polisie ondersoek twee sake van moord en een van brandstigting.

“Ondersoekbeamptes versoek Bongani Abraham Boshomane (45) om by Mahwelereng of sy naaste polisiestasie aan te meld om die beamptes by te staan met hul ondersoek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Karolis ·

Dit moet erg wees.
Hoe verwerk ‘n ouer dit?
Simpatie met die wat die stukkies moet optel en aangaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.