Twee dood, een kritiek ná N4-botsing

Foto: ER24

Twee mense is dood en nog ʼn persoon in ʼn kritieke toestand nadat ʼn motor en ʼn vragmotor Donderdagmiddag op die N4 in Rustenburg, Noordwes, gebots het.

Annine Siddall, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het omstreeks 16:10 op die toneel naby die Dr Morokastraat-afrit aangekom. “ʼn Man en ʼn vrou, vermoedelik ʼn egpaar, het in die botsing gesterf en is deur paramedici op die toneel dood verklaar,” het sy gesê.

“Nog ʼn man, vermoedelik in sy 20’s, het ernstige beserings opgedoen en is per ambulans na die MediCare Rustenburg gehaas.”

Siddall het gesê die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Penelope ·

So jammer vir die familie van die oorledenes. Dit was een van die lelikste ongelukstonele wat ek nog gesien het. Dit is wreed om so te sterf. Dit is net sleg dat die mense so verskriklik jaag op hierdie spesifieke stuk pad. Miskien moet die verkeersdepartement meer daar patrolleer en sigbaar wees. Dit kan soveel lewens red, maar ons staan eerder 2-3 voertuie by ‘n spooroorgang of onder ‘n brug en gesels terwyl ons aan diens is. Rustenburg kan gerus sommige van hul verkeerspersoneellede bietjie opskerp….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.