Twee dood in skietery met polisie

Twee verdagtes is doodgeskiet ná hulle op die polisie in KwaZulu-Natal losgebrand het.

Luidens ʼn polisieverklaring het ʼn taakspan, wat in Inanda ontplooi is, Vrydagoggend op ʼn wenk gereageer van ʼn vermeende misdaadbende wat hulle in dié gebied bevind.

“Die verdagtes was vermoedelik betrokke by die moord op drie mense en nog sewe mense wat beseer is in ʼn voorval in Newlands verlede Donderdag,” sê kol. Robert Netshiunda, provinsiale polisiewoordvoerder.

Volgens hom het die taakspan tegelykertyd toegeslaan op twee woonplekke, onderskeidelik in die Eskebheni- en Emaplazini- informele nedersetting.

In albei gevalle het die verdagtes op die polisie geskiet, sê Netshiunda.

Twee verdagtes, onderskeidelik 34 en 39 jaar oud, is doodgeskiet.

Die polisie se taakspan het ook beslag gelê op twee pistole, ʼn haelgeweer en 94 patrone.

Nog verdagtes wat op die vlug geslaan het, word steeds gesoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Prikkie ·

As jy op die polisie skiet, dan bestaan daar ‘n groot moontlikheid dat hulle gaan terugskiet en moontlik jou dood veroorsaak.

So mag hierdie as les vir misdadigers begin dien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.