Twee dood toe skote by OR Tambo klap

Twee mense is in die skietery dood en nog sewe gewond. (Skermgreep: Twitter)

Twee mans is dood en nog sewe gewond in ʼn skietery Saterdagmiddag by die vrag-ingang na die OR Tambo-lughawe in Kemptonpark.

Hulle was glo deel van ʼn bende wat ʼn pakhuis by die lughawe beroof het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het verskeie mans, vermoedelik verdagtes in ʼn misdaad, met hul aankoms op die toneel binne en buite die perseel op die grond aangetref.

“Paramedici het die pasiënte geassesseer en gevind twee mans het noodlottige skietwonde opgedoen. Niks kon vir hulle gedoen word nie en hulle is op die toneel dood verklaar.

Die skietery het glo tydens ‘n kapingspoging uitgebreek. (Skermgreep: Twitter)

“Sewe ander mans is ook ondersoek en het almal skietwonde gehad. Hulle toestand het gewissel van matig tot ernstig,” het Meiring gesê.

Hy het gesê die pasiënte is op die toneel behandel voordat hulle onder bewaking na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is.

Volgens Intelligence Bureau SA het die skietery tydens ʼn kapingspoging plaasgevind.

Kol. Brenda Muridili, polisiewoordvoerder, het bevestig dat die mans deel was van ʼn groep wat glo ʼn vrag-pakhuis by die lughawe beroof het.

Die werkers is vasgebind, maar die polisie en lughawe se beheerkamer kon nietemin ontbied word. Die skietery het uitgebreek toe die polisie op die toneel aangekom het.

Muridili het gesê die polisie het ook die vragmotor met goedere gevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

marius ·

As dit nie vir apartheid was nie sou daar nie groot vliegtuig loodse wees met baie goed nie en dan sou mense nie misdaad pleeg nie , of so iets .

Eiervrug ·

Maak hulle nie ook nou die hospitaal beddens vol nie????. Mmmfff… More word drank verkope weer oopgemaak, en die diewe word onder lockdown gesit, want as hulle geskiet word, vat hulle te veel plek in hospitale op…. Lekker ou sirkus …..

Chris ·

Ou gesegde, “if you live by the gun you die by the gun”. Die mense kyk te veel flieks waarin die rowers wegkom. Die kultuur van roof en plunder, wonder waar dit vandaan kom. Die Hollywood gespuis het dit romantiseer en nou probeer elke nietoerekensvatbare dit om homself te verryk. Eish.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.