Twee Gautengse ‘spoedvrate’ summier agter tralies

Die Gautengse verkeerspolisie tydens een van hulle operasies. (Foto: Twitter / Gauteng Traffic Police)

Verkeersbeamptes verbonde aan die hoëspoed-eenheid in Gauteng het Dinsdag twee jong vermeende jaagduiwels in afsonderlike voorvalle dadelik in hegtenis geneem ná hulle glo teen ʼn buitensporige hoë spoed op die N1-hoofweg gejaag het.

Sello Maremane, woordvoerder van die verkeerspolisie in Gauteng, sê ʼn 26-jarige motoris is in Sandton vasgetrek ná hy met ’n blou BMW M3 Coupé teen 275 km/h gery het.

“Nog twee mans was saam met die motoris en hulle het beweer dat hulle na ʼn sporttoernooi op pad was.”

Intussen is ʼn 23-jarige motoris in hegtenis geneem ná hy met ʼn wit Mercedes‑Benz op die N1 naby Midrand vir ʼn snelheid van 222 km/h vasgetrek is.

“Die bestuurders is summier in hegtenis geneem en word tans by onderskeidelik die Midrand- en Sandton-polisiestasie aangehou,” sê Maremane.

“Hoë spoed bly een van die grootste gevare vir padveiligheid in die provinsie; die meeste padsterftes word veroorsaak deur voertuie wat nie by die spoedgrens hou nie.

“Hierdie soort gedrag op ons paaie is onaanvaarbaar en vereis streng ingryping,” sê Maremane.

“Die Gautengse verkeerspolisie sal voortgaan om hoofweë, strate en openbare plekke in duidelik gemerkte voertuie te patrolleer om hierdie soort verkeersoortredings te voorkom.

“Diegene wat aanhou om die padreëls en regulasies te verontagsaam, sal aangekeer word en die gevolge moet dra,” sê Maremane.

Die twee motoriste sal na verwagting Donderdagoggend in die Midrand-landdroshof verskyn op aanklagte wat verband hou met roekelose en nalatige bestuur asook ʼn alternatiewe aanklag van oorskryding van die algemene spoedgrens van 120 km/h.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Vanessa ·

Dit is die beste nuus ooit. Mense hou glad nie by die spoedbeperkings nie en dan vloek hulle jou omdat jy net 120km ry op ‘n snelweg. Ek het al ‘n vrees om te bestuur!!!!

Lourens ·

Bly net uit die regterbaan uit, en dan sal niemand jou vloek nie.

Cherokee ·

Lol Melaney, jy’s vuur en vlam wanneer iemand blatant strooi praat..:-)

Mnr De Beer ·

Ek stem saam. 120km is die spoedbeperking op die snelweg. Maak nie saak watse baan nie. Enige verskil moet maar met speedcop of staat opgeklaar word. Spoedvrate moet wet gehoorsaam of om die ry wat die wet gehoorsaam.

Mnr De Beer ·

Ek stem saam. Maar die spoed beperking bly 120km per uur. Niemand is bo die wet verhewe. Veilig is maar om by spoedbeperking te bly of dan met speedcop of die staat op te klaar.

Johan ·

Die mees basiese padreël is ‘keep left pass right’. As jy dít doen gaan niemand swets nie.

Emily ·

En wat, gaan hulle uitkom op R500 borg.
Maak n voorbeeld van hulle en straf hulle baie swaar, maar ons weet dit gaan nie gebeur nie, Hulle gaan vry wees om ander mense se lewens in gevaar te stel.

Koen ·

Uitstekend. Vat die jaagduiwels vas. Hoop hulle lisensie word opgeskort.

Lourens ·

“Hoë spoed bly een van die grootste gevare vir padveiligheid in die provinsie; die meeste padsterftes word veroorsaak deur voertuie wat nie by die spoedgrens hou nie.”
Interessant dat Duitsland, waar daar op sekere dele van die snelweë GEEN spoedperk is nie, een van die laagste ongeluksyfers ter wêreld het.
So ek stem nie heeltemal saam met hierdie vent nie.

Rooikoos ·

Die standaarde om ‘n lisensie te kry verskil seker van eerste-wereldse land en derde-wereldse land. Hier word baie lisensies onwettig gekoop ook. Dus maak dit wat die vent se tog sin.

Lourens ·

‘n Lisensie is nie ‘n voorvereiste om in staat te wees om te bestuur nie, en nog minder ‘n aanduiding van bestuursvernuf. Dis bloot ‘n magtiging en word slegs afgedwing wanneer iemand gevang word sonder ‘n lisensie.
Swak bestuurders en voertuie wat nie padwaardig is nie is die grootste oorsaak van ongelukke.

Frank ·

Nee dit maak nie sin nie want spoed is maar net EEN van baie faktore en ‘n idiot kan ‘n ongeluk veroorsaak of hy nou 50 of 100 ry

Pierre ·

Vat lisensies weg en ontneem die voertuig, alle publieke voertui moet deer wetgewing meganies/elektronies gelimiet word tot n sekere spoed.

Oosieoos ·

Net jammer by die ander 99% van verkeers oortredings is hulle afwesig. U-draai moet totaal onwettig wees veroorsaak meeste sterftes en alle verkeersligte is mos groen met loadshedding en rooi verkeersligte beteken gee vet hier by ons

Stephen ·

Maar in Kaapstad moet die roekelose Taxi drywers vrygelaat word. Dubbele standaarde.

Pieter ·

skort op hul lesensies vir ten minste 6 maande, dat hulle maar die gautrein gebruik om by die werk te kom. Klink in ekgeval of hulle te veel geld maak met die tipe karre wat hulle ry op sulke jong ouderdom.

Susan ·

Almal wat vinnig ry is nie roekeloos nie. Soms is hulle baie veiliger bestuurders omdat jy baie wakker moet wees om daai tipe spoed te handhaaf. Dis net wat gebeur in n nood situasie op daardie spoed? Kan jy jou voertuig beheer as iest skeef loop?

efjy ·

Teen 275 km/u het jy weinig beheer oor jou voertuig as iets onverwags gebeur. Sy straf moet hom motiveer om nooit weer teen daai spoed te bestuur nie (nogal met twee persone in voertuig). Niks is so dringend wat daai spoed kan regverdig nie.

Niklaas ·

Nou moet ons hoop dat gepaste boetes en moontlike opskorting van lisensie sal volg. Nie net ‘n waarskuwing nie.

Jr ·

Dis maklik om weg te kom met. Organize jouself taxis en plunder, moor, brand, versper paaie en demand jou kar terug. En terug trekking van die boete want die owerhede is onregverdig.

Johan ·

Het hulle niks beter om te doen nie. Die spoedbeperking is veroudert, moderne karre is baie veiliger as die goed waarvoor die 120 daargestel is, veral op n snelweg kan 150km/h baie verligting aan die verkeer bring en dit so selfs veiliger maak. Waar daar voorgangers is, is dit natuurlik iets anders.

Hasie ·

Pappa se duur kar en onverantwoordelike optrede .Nie geleer dat vir elke aksie is daarteenoorgestelde reaksie.

Sproetjies ·

“Diegene wat aanhou om die padreëls en regulasies te verontagsaam, sal aangekeer word en die gevolge moet dra,” sê Maremane.”

Wonder wanneer gaan die Taxi-bestuurders “die gevolge” begin dra?? ????

Perdeby ·

In die UK en Australie word jou voertuig ingenue en jou lisensie net daar opgeskort vir 6maande dit sluit in as jy op jou foon praat ook. By ons sal hulle seker weer alles af brand as sulke verkeers wette toe gepas word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.