Natasha Ramkisson-Kara, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het gesê Linda Mkhize en Sifiso Ntombela is skuldig bevind aan moord en roof. Hulle is tot 20 jaar tronkstraf elk gevonnis.
Die hof het gehoor dat die twee mans ʼn plan beraam het om mense te beroof langs ʼn pad tussen twee residensiële dele in die Copesville-gebied.
Jordache Michael Thomas is in Junie verlede jaar dood nadat Mkhize en Ntombela hom met ʼn skerp voorwerp in die nek gesteek en van R4 en sy tekkies beroof het. Die tekkies is later vir R60 verkoop.
Mkhize en Ntombela is tot 20 jaar tronkstraf gevonnis vir die moordaanklag en 10 jaar tronkstraf vir roof met verswarende omstandighede. Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.
Dis wat n lewe werd is in SA ….R4 en n paar stink tekkies …en die grondwet se dis die staat se plig om sy burgers te beskerm …..nog n bewys van hoe vrot die anc regering is ….PATETIES !
Nou ja hulle worrie oor hare in skole en reageer vinnig.Sou dankbaar wees as minister van veiligheid ook so vinnig kon optreë om sulke sinnelose misdade stop sit. Eks bevrees dit gaan nie gebeur nie. So baie misdade soos moord word nooit opgelos nie en sterf net ñ stille dood .Dis so onregverdig teenoor die slagoffers se families. Net bly die kriminele is gestraf vir die daad
Daar is iets baie groots verkeerd met ‘n samelewing wanneer twee mense ‘n ander mens vermoor en dan vir 20 jaar gratis verblyf, kos en mediese versorging kry waarvoor die mense nog moet betaal!