Twee hoërskoolleerders sterf in aanvalle by skole

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Twee hoërskoolleerders is Dinsdag by twee skole in onderskeidelik die Oos-Kaap en Mpumalanga dood nadat daar glo gevegte tussen leerders uitgebreek het. Albei voorvalle hou na bewering verband met bende-aktiwiteite.

ʼn 16-jarige seun was glo die oggend by ʼn geveg tussen leerders by Hoërskool Cofimvaba in die Oos-Kaap betrokke toe hy later aan sy beserings beswyk het.

Brig. Tembinkosi Kinana, polisiewoordvoerder, sê ʼn groep leerders het na bewering die skool binnegegaan en ander leerders begin aanval soos wat hulle by die skool aangekom het.

Die tiener is tydens die voorval dood, terwyl ʼn ander leerder ook ernstige beserings opgedoen het en na ʼn naburige hospitaal geneem is.

“Die omstandighede rondom die aanvalle is nie in dié stadium bekend nie, maar die polisie ondersoek ʼn saak van moord en poging tot moord,” sê Kinana.

“ʼn 18-jarige verdagte is reeds in verband met die aanklagte in hegtenis geneem. Nog inhegtenisnemings is op hande soos wat die ondersoekproses ontvou.”

Die verdagte sal na verwagting in die Cofimvaba-landdroshof verskyn sodra hy amptelik aangekla is.

ʼn Hoërskoolleerder aan Cebisa Secondary School in Ermelo is Dinsdag in ʼn afsonderlike voorval doodgesteek.

Vusi Shongwe, LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, sê die leerder is by die skool gesteek na aanleiding van vermoedelik bendeverwante geweld.

“Die leerder is na ʼn hospitaal geneem, maar het later aan sy beserings beswyk.”

ʼn Verdagte is intussen in verband met dié voorval in hegtenis geneem.

Dié jongste voorval kom nadat ʼn leerder verlede week by die einste skool in ʼn bendeverwante voorval aangeval is.

“Ons het die skool se bestuur aangesê om ʼn saak by die polisie aanhangig te maak ten opsigte van dié voorval,” sê Shongwe.

Hy het intussen ʼn beroep op lede van die publiek gedoen om kalmte in die gemeenskap te handhaaf.

“Dit is nodig dat alle belanghebbendes saam met die polisie werk om ʼn einde aan misdaad en bendeverwante geweld in die gebied te bring.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Nie Verbaas ·

Sal graag jou kommentaar hierop wil sien geagte meneer onbevoegde raashaas en nuttelose Lestofie.

Nie Verbaas ·

Ek is bewus daarvan. Hy lewer mos op alles kommentaar en meng in waar hy nie moet nie.

Swerwer ·

Dit is nou net weereens ‘n bewys van die verskillende kulturele opvoeding. Die Toring van Babel kom by my op elke keer as ek so ‘n berig lees, besig om hier plaas te vind.

Perdeby ·

Wonder hoekom is Lefoefoe so stil, o ja dit is mos nie wit op swart gewees nie, dit is hoekom hy nie uit sy hok klim nie.

Jr ·

Hoe minder gesê hoe beter nê, want dan is u nie n realis nie, maar ‘n rassis

Swerwer ·

Dan bly ek seker maar ‘n rassis want ek stem nie met alles saam waar almal in almal se kele afgedruk word nie. ‘n Wildsbok baar nie ‘n skaap lam nie.

Deon ·

Dis oor kalmte dat hierdie strooi plaasvind. Cele kry jou spul onbevoegdes op datum, jy is besig om ons kinders dood te maak met jou onbevoegdheid…As my kinders nog op skool was en so ding gebeur by hulle, dan moes jy my nie vir kalmte vra nie. EK SAL MY KINDERS BESKERM AS JULLE WAT DIE OWERHEDE IS WIE SE PLIG DIT IS, DIT NIE KAN DOEN NIE. TWEE SKOOL KINDERS IN EEN WEEK, SWAK!!

Miena ·

En so moor hulle hulsef mekaar uit op n jong ouderdom al. En dan dink hulle dis “cool” of wat is die nuutste woord wat gebruik word “woke”.

Di ·

Kinders sonder opvoeding! Skole het in kriminele hole ontaard. Selfs onderwyser loop deur onder hier “onopgevoede” spul

George ·

Bende geweld is al van ek laaitie was n probleem in onse streek en polisie gee nie om nie, so ook nie skool nie, want die skool moet die meerderheid beskerm wat nie deel is van bendes nie, net jammer die jonges voel dat hul veiliger gaan wees in n bende, jy weet, safety in numbers, maar when you fall, you fall alone, en dit sien die klonge nie raak nie.

Niklaas ·

En daar sal nie veel van kom nie. Dit sal wel meer gereeld voorkom in die land , by skole.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.