Twee in hof oor Pta-polisieman se skietdood

Lucky Strauss Madiba en Sipho Mpho Mohlala in die hof. Foto: ANA

Lucky Strauss Madiba en Sipho Mpho Mohlala in die hof. Foto: ANA

Twee mans wat tereg staan weens die moord op konst. Max Lekalakala, het Vrydag in die hof verskyn. Lekalakala is vroeër die week tydens ʼn skietgeveg by die Diamond Hill-tolhek op die N4 tussen Pretoria en Bronkhorstspruit doodgeskiet.

Lucky Strauss Madiba (20) en Sipho Mpho Mohlala (19) staan tereg op aanklagte van moord, poging tot moord, onwettige besit van vuurwapens en ammunisie, die besit van gesteelde selfone, moord met verswarende omstandighede, ontvoering en verskeie aanklagte van motordiefstal.

Maroela Media het vroeër berig drie verdagtes en Lekalakala is Woensdag in die vroeë oggendure in die skietgeveg dood. Polisiebeamptes het tydens roetinepatrollie ʼn verdagte motor op die snelweg opgemerk en van die pad af getrek. Toe die beamptes naderstap, het die vyf insittendes skielik op hulle losgebrand en die polisie het teruggeskiet.

Landdros Maryke de la Rey het die saak tot 11 Maart uitgestel vir formele borgtogaansoek. Barbara Ndela, die staatsaanklaer, het aangedui dat die staat borgtog sal teenstaan.

Naughty Magoai, Gautengse adjunk-hoof van die polisievakbond Popcru, het gesê die vakbond hou by sy siening dat die polisie moet terugskiet wanneer daar op hulle geskiet word. “Ons sal nie toelaat dat ons lede deur misdadigers aangeval word nie. Ons lede moet hulself met die vuurwapens wat hulle dra beskerm en ons doen ʼn beroep op die regstelsel om ons by te staan en nie borgtog aan die twee beskuldigdes toe te staan nie,” het Magoai gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

3 Kommentare

Bryanette Havenga ·

Ek is baie bly die Polisie begin nou optree! Dis verblydend om ook meer positiewe berigte oor die Polisie te sien! Dit gee ons, Jan Publiek, meer vertroue in die Polisie Mag!

DPJ ·

Waarvoor dra SAPD lede dan vuurwapens as hulle dit nie mag gebruik wanneer daar op hulle geskiet word

Michael ·

Die muntstuk het 2 kante ja skiet terug as julle aangeval word maar streng dissipline moet gehandhaaf word.Die polisie se opleiding en keuring van lede is nie wat dit veronderstel is om te wees nie en en moedig hulle aan dan skiet hulle nou nou onskuldige mense.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.