Twee ‘koelbloedig’ doodgeskiet

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn Hoëvlakondersoekspan is aangestel om die persoon aan te keer wat twee mans Dinsdagmiddag omstreeks 13:45 in Mokopane (Potgietersrus) in Limpopo doodgeskiet het.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê die slagoffers het in ʼn motor gesit toe ʼn man hulle genader en dadelik op hulle losgebrand het. “Hulle is op die toneel dood. Hy het na bewering te voet van die toneel gevlug.”

Die oorledenes se name sal eers bekend gemaak word sodra hul naasbestaandes in kennis gestel is.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, provinsiale polisiekommissaris, het opdrag gegee dat die aanvaller aangekeer moet word.

Die motief vir die skietery is nog nie bekend nie.

Die polisie ondersoek twee sake van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

thinus erasmus ·

Ja net soos ek gedink het een van die 2 was ANC raadslid. Daarom die dringende Hoëvlak Ondersoek!

Kobus ·

Volgens berig.is name nog nie bekend gemaak nie. Dit is egter wat gebeur wanneer jy die land se Veiligheidsdienste tot niet laat gaan

sweis ·

Wat is n hoë vlak ondersoek eenheid is dit n eenheid waar almal kan lees en skryf?

Adri ·

In die geval het die grootbaas opdrag gegee dat die skuldige opgespoor moet word. In alle ander gevalle word die opdrag nie gegee nie.

Abe ·

thinus erasmus
As n vermoorde persoon n ANC raadslid is, moet sy dood nie ondersoek word nie: Is dit wat jy se? Dis n belaglike redenasie.

hercu ·

nou wonder ek waar is die kamtige hoëvlak ondersoek span wat elke plaasmoord en/of aanval ondersoek

die plaasmoorde laat my onwillekeurig terug dink aan Rhodesië!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.