Twee paramedici verongeluk

Die ambulans het teen ’n stilstaande vragmotor op die N1 in Limpopo gebots. (Foto: Verskaf)

Twee paramedici van ER24 is dood nadat hul ambulans Dinsdag in die vroeë oggendure teen ’n stilstaande vragmotor op die N1 in Limpopo gebots het.

Die twee nooddienswerkers was verbonde aan ER24 se tak in Polokwane.

Russel Meiring, woordvoerder van dié nooddiens, sê die twee paramedici het gisteraand ’n pasiënt na ’n hospitaal vervoer en was op pad terug na hul tak toe hulle naby die Codrington-afrit teen die agterkant van die vragmotor gebots het.

Die botsing het net ná middernag plaasgevind. Albei paramedici is op slag dood.

Dit is nie duidelik of die bestuurder van die vragmotor enige beserings opgedoen het nie.

Mavhungu Lerule-Ramakhanya, LUR van vervoer en gemeenskapsveiligheid in Limpopo, het vanoggend haar medelye met die personeel van ER24 betuig.

“Dit is ontstellend om wakker te word met die hartseer nuus van die dood van noodwerkers wat in die uitvoering van hul pligte gesterf het. Dit is dieselfde mense op wie ons staatmaak om lewens op ons paaie te red. Ons doen ’n beroep op ons bestuurders om ekstra versigtig te wees en binne die voorgeskrewe perke te hou.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Miskruier ·

Hartseer, as mens aan n nasionale pad woon merk mens die onpadwaardige voertuie wat snags die paaie gebruik.

philippus ·

Nie moeite gedoen om af te trek nie. As hy nie kon nie, waar is die nood drie hoeke? Tyd dat Suid Afrika soos Mosambiek die driehoeke en glim baadjie verpligtend maak. En verkeers polisie moet vra daarna.

Roek ·

Dit is al vir jare wetgewing maar as dit nie toegepas word soos wat dit was jare gelede nie kan die wetgewer wette maak tot hul blou is , indien daar nie toepassing is nie beteken dit minder as die papier waarop dit geskryf is!!
My innige simpatie vir die mense , het self baie mense so uitgehaal dit is erg!!

Delia ·

Hou asb op met die afgesaagde storie van julle beroepe wat julle op mense doen…
Vra die vrae, het die vragmotor sy noodlivte aangehad, was sy drie hoekies uitgesit en indien wel, was dit ver genoeg uit.
Het die vragmotor die vereiste geel band opgehad.
Ens ens.
Is die vragmotor ooit padwaardig?
Begin net iets doen… net iets…dit raak nou te veel.

Roek ·

Delia , vir wie sal ons vra, wie gaan ons antwoord en wat gaan die gevolg wees, , dit is soos om vir n slaggat te vra om homself toe te maak !

Delia ·

Roek, dis die LUR van padveiligheid wat die vrae moet vra, maar al wat hulle doen is om beroepe te doen en simpatie te betuig.
En hulle kry baieeee geld.

Delia ·

Kom ek probeer weer antwoord. Hopentlik word my antwoord nie weer uitgevee.
Die LUR van padveiligheid in Limpopo moet die vrae vra. Ons is al moeg van beroepe op die publiek en simpatie betuigings aan familie.
Hou op praat en almal oor dieselfde kam skeer met julle beroepe en vat die oortreders vas.

Cabytheron ·

Dit is baie hartseer! Dit lyk of die trok in die pad gestaan het. Ai!

Hennie ·

Swaar vragmotors moet verbied word van paaie na n sekere tyd. Hierdie vragmotor het hoogswaarskynlik geen ligte gehad terwyl dit innie pad gestaan het nie.

Swerwer ·

Dit is so algemeen dat swaar voertuie hul nie steur aan padverkeers reëls of padwaardigheid nie.
Veral snags neem hul kanse om sonder ligte te ry. Sien dit baie veral op die N1. Die bestuurders weet nie ligte is buite werking maar gee nie ‘n duit om nie. Die beste is as ‘n Verkeersbeampte op patrollie verby so ‘n voertuig ry en nie ‘n duit omgee nie en net eenvoudig aanhou ry.

Lourens CFG ·

Vragmotors oor die algemeen is uiters swak sigbaar van agter af. Het self hele paar noue ontkomings gehad.
Soos hulle gelaai en afgelaai word of in tru rat beweeg, word ligte en reflektors beskadig, maar word nooit herstel nie.
Ligte se lense raak ook vol stof binnekant, en word nie herstel nie.
Die verkeer owerhede is veronderstel om dit op te let, en dan ‘n “ticket” aan die drywer te gee wat hom of die besigheid verplig om dit binne sekere tyd by departement te kom wys dat dit herstel is, MAAR, dit word ook nie gedoen nie.

Diets ·

Het vandag by ‘n trok verby gery wat op die N12 op die linkerbaan gestaan het. Geen noodligte was aan nie en hy het ‘n brandblusser gebruik in die plek van die driehoek. Dan is die trok so vuil, jy kan skaars die ligte sien aan die agterkant. As dit in die aand was sou hy ook nie sigbaar gewees het nie.

JohanR ·

Het in die 80’s/90’s geniet om Kaapstad-Gauteng te ry. Altyd soe half in die dag en half in die nag gery. Dit was daai tyd nog rustig en lekker, en het altyd soe 130 tot 140km gery. Sal dit nie meer vandag doen nie. Petrol te duur, en pad te gevaarlik.

Casper ·

Ramakhanya wat is voorgeskrewe perke.As die vragmotor in die pad geparkeer gestaan het is dit strafbare manslag.Die berig praat van ‘n stilstaande vragmotor.

Nico ·

Hier in Duitsland werk so, die vinnige verkeer op linkerbaan, stadige verkeer op regterbaan, die swaarvoertuie mag verby gaan maar gaan weer terug na die regterbaan. Oral langs die hoof weë is daar skoon, netjiese en veilige geriewe vir drywers van swaarvoertuie, die paaaie is ook toegerus met SOS-telefone. Wanneer daar ‘n ongeluk op die pad is word waarskuwings borde geplaas, die uitse polisie beheer die verkeer sodat alles vlot verloop, hoekom kan dit ook nie in Suid Afrika gebeur, is dit omdat die verkeers afdeling nie belangstel om dinge reg te doen nie. Ekself is nou al Duitsland vir 1 en ‘n halwe maand hier.

KatjieDeKat ·

Wel die Duitsers het hulle regering ons het die ANC. Meer hoef ek nie te se nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.