Twee ‘standbeeld-vandale’ vrygelaat

Foto: Twitter

Foto: Twitter

Die 21-jarige man wat in hegtenis geneem is vir die skending van Mahatma Ghandi se standbeeld is op borgtog vrygelaat terwyl die EFF-lid wat vir die skending van die Koningin Victoria-standbeeld in hegtenis geneem is, weens ’n gebrek aan bewyse vrygelaat is.

Lt. Kay Makhubela, polisiewoordvoerder, het gesê Molefe Maila is Saterdag in hegtenis geneem op aanklag van opsetlike saakbeskadiging nadat hy Ghandi se standbeeld in Johannesburg met wit verf gegooi het. Maila het Maandag in die Johannesburgse landdroshof verskyn en is op borgtog van R500 vrygelaat. Hy moet weer op 8 Mei in die hof verskyn.

Intussen is die 24-jarige EFF-lid wat in hegtenis geneem is vir die skending van die Koningin Victoria-standbeeld in Port Elizabeth vrygelaat.

Paul Walsh, ’n EFF-lid, het hom Maandag aan die polisie oorgegee nadat hulle hom gesoek het in verband met die skending van die Koningin Victoria-standbeeld. Volgens kapt. Sandra Janse van Rensburg het Walsh, EFF-streeksbeampte vir wetenskap, tegnologie en onderwys, later die dag in die hof verskyn en is die aanklagte teen hom laat vaar weens onvoldoende bewyse.

Die Koningin Victoria-standbeeld wat buite die hoofbiblioteek in die stad staan, is Donderdag met groen verf besmeer. Beeldmateriaal van kringtelevisiekameras in die omgewing wys hoe ʼn man net ná 23:00 die aand verf op die standbeeld uitgooi. Die standbeeld is deur die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit met ʼn seil bedek totdat dit skoongemaak kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Anton Smit

Wat is die doel van kameras as dit nie genoegsame bewyse is nie of is dit omdat hy lid is van dieeef want hulle is mos royal game

Andries

Now that the Rhodes statue controversy is almost done and dusted, with Max Price stating that the statue must be moved, the next target by the anti-imperialist students of UCT must surely be the Rhodes Scholarship. This Scholarship allows for 2-3 years study at Oxford University with a stipend of 13,650 pounds per year for postgraduate students. They also stay in a residential college. Students have access to Rhodes House, a 20th century mansion with public rooms, gardens, a library and study areas etc. All this provided by the Rhodes Trust. I’m sure, however, that the UCT students, in their… Lees meer »

Neptunus

Gebrek aan bewyse van… verstand?