Twee sterf in Pta-botsing

Paramedici op die toneel. Foto: Netcare 911

Paramedici op die toneel. Foto: Netcare 911

Twee mans is dood in ʼn botsing waarin drie voertuie Sondag in die noorde van Pretoria betrokke was.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die botsing het omstreeks 03:30 op die R80 by die Wonderpark-brug in Rosslyn plaasgevind.

“Dit is nog nie bekend wat tot die botsing gelei het nie. Dit word deur die polisie ondersoek,” het Botha gesê.

“Met paramedici en nooddienste se aankoms op die toneel, was die twee mans reeds dood weens die veelvoudige beserings wat hulle opgedoen het. Twee mense het wonderbaarlik slegs met geringe beserings die botsing oorleef.”

Die twee mense is op die toneel behandel en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir waarneming.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

charlene ·

Jammer maar dis die mense wat elke 2 dag daar werk en die pad verander se skuld. Eendag word die linker baan 1 skielik en die volgende dag is daar geen linkerbaan nie. As hulle ophou die goed rond skyf elke dag en net werk om kla te kry sou die ongeluk vermy kom gewees het. Sterkte aan die familie, woorde is nooit genoeg om die seer beter te maak nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.