Twee sterf toe boosdoeners vragmotor kaap

Die botsing het by die Nuwejaarspruit op die N5-brug plaasgevind. (Foto: Verskaf)

Twee mense is dood en twee ander beseer nadat ’n vragmotor wat steenkool vervoer in die omgewing van Harrismith in die Vrystaat deur boosdoeners voorgekeer is. Dié het die vragmotor in die pad gelos om die pad te versper. Dit het eindelik ’n botsing met nog drie ander voertuie tot gevolg gehad.

Die botsing het by die Nuwejaarspruit op die N5-brug plaasgevind.

Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, sê ’n vragmotor wat meel vervoer, het teen die vragmotor in die middel van die pad gebots. ’n Maluti-bus én ’n taxi wat ’n U-draai gemaak het om die ongelukstoneel te vermy, is in die proses ook beskadig.

Die botsing het by die Nuwejaarspruit op die N5-brug plaasgevind. (Foto: Verskaf)

Die vragmotor met die vrag meel het die pad verlaat en op die padskouer tot stilstand gekom. Die bestuurder van die vragmotor is ernstig beseer terwyl twee insittendes van die taxi op slag dood is.

’n Passasier van die bus het ligte beserings opgedoen.

Makhele sê ’n saak van strafbare manslag word ondersoek.

Die ongeluk is aangemeld te midde van ontevrede vragmotorbestuurders wat die afgelope paar dae verskeie hoofpaaie in onder meer die Vrystaat versper.

Maroela Media het vroeër berig die N3 tussen Harrismith in die Vrystaat en Montrose in Pietermaritzburg is Dinsdag deur ’n groep van sowat 30 vragmotorbestuurders versper, wat verkeersopeenhopings in albei rigtings (ook by die Tugela Plaza op pad na Gauteng) veroorsaak het. Dit is nie duidelik of die ongeluk hiermee verband hou nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Misky ·

Dis g’n strafbare manslag nie, maar moord!!!! Die berig sê duidelik die ‘boosdoeners’ het die trok voorgekeer om die pad te versper. Dis ‘n nasionale pad en moet nie toegelaat word nie, want onskuldige mense nou dood.

Tree op Mbalula en Cele – albei van julle en dis julle werk!!

Harley Davidson ·

Die mooi woorde altyd om terorisme en misdaad te beskryf veral as sierras betrokke is hulle is nie boosdoeners nie hulle is kriminele wat in enige eerste wêreld lande nie vry tussen burgers sou loop nie maar in ‘n tronk sou wees .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.