Twee studente verdrink by PE

Foto ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Twee studente van die Nelson Mandela-Universiteit (NMU) het Saterdag verdrink toe hulle in die see by Sardinia-baai in Gqeberha (Port Elizabeth) geswem het.

Volgens kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, het die DA-studenteorganisasie (Daso) die dag ʼn byeenkoms by die strand gehou.

“ʼn Man en vrou, albei 19 jaar oud, het omstreeks 11:30 in die see ingegaan om te swem,” bevestig Naidu.

Dit is nie duidelik wat presies gebeur het nie, maar die vrou het gesukkel om terug strand toe te swem.

Volgens Naidu is die vrou uit die water gered en paramedici het haar probeer bybring. Sy is helaas op die toneel dood verklaar.

“Die man is steeds nog nie opgespoor nie. Polisieduikers het vir langer as twee uur na hom gesoek.”

Die name van die twee studente word vir eers weerhou totdat hul families van die voorval in kennis gestel is.

Die polisie in Walmer het ʼn geregtelike doodsondersoek van stapel gestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

miavos ·

Ek het in PE grootgeword. Swem in die see by Sardiniabaai was ‘verbode’!! Almal weet die see daar is uiters gevaarlik. Moet ook nie in die see by Maitland swem nie asseblief!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.