Twee sussies soek ná pa hulle glo ontvoer

Natasha (6) en Tammy (11) Pietersen. Foto: Verskaf

Natasha (6) en Tammy (11) Pietersen. Foto: Verskaf

Die polisie in Witbank, Mpumalanga, versoek mense se hulp om twee jong meisies op te spoor wat glo deur hul pa ontvoer is.

Natasha (6) en Tammy (11) Pietersen, albei leerders aan die Laerskool Taalfees, is verlede jaar uit hul ouers se sorg verwyder en in pleegsorg geplaas. Hulle is in Desember toegelaat om die vakansie by hul pa, Gideon Petrus Pietersen, deur te bring wat glo in Gauteng woon.

Pietersen het egter nooit sy dogters op 29 Desember terugbesorg soos hy wetlik verplig was om te doen nie en ʼn saak van ontvoering is op 4 Januarie by die Witbank-polisiestasie aanhangig gemaak.

Gideon Petrus Pietersen. Foto: Verskaf

Gideon Petrus Pietersen. Foto: Verskaf

Dessie Rechner, stigter en direkteur van Pink Ladies, het aan Maroela Media gesê hulle is in besit van ʼn hofbevel en skriftelike toestemming om die kinders se name en foto’s te versprei om die polisie in hul ondersoek te help.

Rechner kon egter geen nadere inligting oor die kinders se maatskaplike omstandighede bekendmaak nie. Sy het gesê die soektog is nie op ʼn spesifieke gebied of provinsie gefokus nie, maar landwyd aangesien die kinders op enige plek kan wees.

Mense met meer inligting oor waar Pietersen of Natasha en Tammy kan wees, word versoek om die ondersoekbeampte, konst. Mdaka, by 074 026 5424 of die Pink Ladies by 072 214 7439 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Hannelie ·

Neee, Gesiggie!! Miskien moet jy weer die berig lees! Die ouers het nie die kinders weggegee nie! Hulle is uit die sorg van die ouers VERWYDER! Dan bepaal die kinderwet dat die ouers wel die kinders vir vakansies mag kry! Natuurlik eers nadat ‘n evaluering van die omstandighede van die ouers gedoen is!!!

Irene ·

Nou kry kinders weer swaar deur twee gemors ouers wat hul kinders gebruik vir hul gemors

Ilse ·

Twee maande na hulle terugbesorg moes word, nou word die media eers betrek? Tweedens – is dit werklik die beste “foto” van die pa? Dit lyk soos ‘n baie swak potloodskets. Ek hoop van harte die twee sussies is lewend en word darem goed versorg.
Maar ja, ek verstaan ook nie hoe word die pa die reg gegee om die kinders vir die vakansie te kry nie.

Bekommerd ·

Is daar ooit kontak besonderhede en adresse van families en vriende bekom voor dat die kinders met vakansie na die Pa toe is? Is daar ooit n nommer vir die kinders gegee om te kontak igv nood, of word hulle net afgelaai/ opgetel en almal hoop maar hulle is ok?

Gesiggie ·

Hannelie, ek verstaan het die berig gelees, weggevat van die ouers… nog erger”weens omstandighede, ja die kinderwet bepaal, maar dink nie hul goed genoeg bepaal. Maybe verstaan ek nie”’ maar ek weet die ouers was ingelig aangaande hul wette” die Pa weet hy moes die kinders al terug besorg het? hoekom so skelm wees en hul weghou? bel dan teminste net en laat weet , die kinders is nog by my ens…… jammer maar kinders het n baie sagte plek in my hart.. en oreg aan enige kind… maak my woedend” maybe gee die Pa nog om, ek kan nie oordeel, maar laat weet dan net hul is veilig dit is al”’

DPJ ·

Ons hoop en bid dat die saak in liefde en geloof tot ‘n einde kom vir die 2 sussies se onthawe.
Kom ons mense keer terug na God drie-eng en meer verdaagsaam met ons naaste.

judith ·

Judith
Ek stem saam met jou Gesiggie, as die Pa so baie omgee vir hulle, laat weet net die pleegouers die “kinders is veilig” Hoekom vlug met hulle? Die Pa maak net vir hom meer probleme , soos ontvoering van kinders! En ek stem ook saam met jou as dit by kinders kom , raak ek soos ‘n leeu! Ek is ‘n ouma van 3 klein kinders raak aan hulle dan raak jy aan my!!!!!

Louise ·

Die kinders sal baie beslis nie verniet weg geneem word van altwee ouers nie.
Die organisasies wat gestig word stel dit baie duidelik daar dat hulle help ongeag die omstandighede, maar verwaarlosing, mishandeling ens. sal nie geduld word nie.
Hierdie arme kinders was nie daar geplaas nie. Maar weg gevat en daar moet met alle ernstigheid opgetree word om hierdie kinders op te spoor.
Ek se nie hulle was met en van hierdie redes weg gevat nie. Maar hierdie mense weet wat hulle doen. Ek hoop regtig hiedie pa weet wat hy doen en die kinders is veilig.

Hannelie ·

Ai ek bid dat die dogtertjies veilig is en weer in pleegsorg geplaas word. Want hulle verdien nie dit waardeur hulle gaan nie. Want hulle is dan nou nie eens meer in die skool nie. En daar is soveel mense wat smag na ‘n eie kindjie en die wat nie wil hê nie, kan nie eens na hulle kyk nie.

Gesiggie ·

Baie dankie Judith… Ek vra elke dag vir Liewe Jesus, dat ek nooit in omstandighede sal beland, waar my kinders seer gemaak sal word, of enige iets anders”’want ja soos n leeu sal ek nie wees, maar meer soos n besetende” al is my kinders al groot…. is hul vir altyd diep binne in my hart en siel geanker. en soos jy.. voel, voel ek…. raak aan hul en jy raak aan my. So hoop die 2 pragtigge dogters is veilig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.