Maj. Thulani Zwane, polisiewoordvoerder, het gesê Scebi Cyprian Ndlovu (20) is skuldig bevind op sewe aanklagte van verkragting, terwyl Sanele Ngcobo (22) skuldig bevind is op vyf aanklagte van verkragting en een van diefstal.
Ndlovu is sewe keer lewenslange tronkstraf opgelê en Ngcobo vyf keer lewenslange tronkstraf, asook 12 maande vir diefstal, het Zwane gesê.
Volgens Zwane was ʼn 18-jarige vrou op 19 April 2014 op pad na haar huis toe sy deur die twee mans gekonfronteer en met ʼn mes gedreig is. “Hulle het haar in nabygeleë bosse inforseer waar sy herhaaldelik deur albei beskuldigdes verkrag is. ʼn Saak van verkragting is by die Inchanga-polisiestasie aanhangig gemaak.”
Ndlovu en Ngcobo is kort daarna in hegtenis geneem.
Ek hoop dat hierdie tronkstraf ‘n boodskap sal wees aan al die verkragters daar buite!
Tronkstraf help nie. Bring terug die DOODSTRAF!!!!!!!!!!!!!!
Laat ek nou sien, in ons huidige regstelsel, 7 x lewenslank = 10 maande en 5 x lewenslank + 12maande = 8 maande +mediese parool. Nee, kyk, die somme werk reg uit met die ervaring wat ons in die laaste 20 jaar opgedoen het!