Twee tieners het Dinsdag ongeveer 15:30 by Ushaka-strand in KwaZulu-Natal verdrink.
“Vissermanne het gesien die twee tieners het in die moeilikheid beland en hulp ontbied,” het Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, in ʼn verklaring gesê. “Rescue Care, die polisie se soek- en reddingsdiens, die Nasionale Seereddingsinstituut en lewensredders het dadelik reageer.”
Volgens Jamieson is een van die seuns se liggame uit die water gehaal en hy is op die toneel dood verklaar. “Reddingsbeamptes het tevergeefs na die tweede seun se liggaam gesoek. Die soektog is omstreeks 18:00 afgelas en hervat vroeg Woensdagoggend.”
Dit is nog nie duidelik wat tot die voorval gelei het nie. Die polisie stel ondersoek in.
Daar is ‘n spel fout in paragraaf twee. Dit moet seker lees “soek-en reddingsdiens”
Dagsê Daleen
Dankie dat jy ons daarop gewys het. Die berig is gewysig.
Vriendelike groete
Nico Strydom nms Maroela Media
Rerig Daleen, daar is 2 tieners dood en jy kan net spel foute uitwys. Agge nee man, wys bietjie simpatie