Twee toets vóór Ballito Rage positief vir Covid-19

(Argieffoto)

Twee mense het reeds vóór die Ballito Rage in KwaZulu-Natal positief getoets vir Covid-19, maar nietemin besluit om dié byeenkoms by te woon.

Altesaam 848 mense wat die byeenkoms tussen 27 November en 4 Desember verlede jaar bygewoon het, het kort daarna positief getoets vir die koronavirus. Slegs twee van dié pasiënte was Rage-werkers, die res was almal feesgangers.

Dít luidens ’n verslag deur die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios).

Die instituut het ’n ondersoek van stapel gestuur nadat ’n dokter van Hillcrest in KwaZulu-Natal hom vroeg in Desember in kennis gestel het van verskeie jong mense wat positief getoets het vir Covid-19 nadat hulle Ballito Rage bygewoon het.

Nios het gevolglik ’n terugwerkende ondersoek van 2 253 feesgangers waaronder 1 954 feesgangers en 299 werkers van stapel gestuur. Die ondersoek het ’n vraelys ingesluit wat aan 1 814 Rage-gangers of Rage-werkers gestuur is.

Slegs 1% van diegene aan wie die vraelys uitgestuur is, het uiteindelik daarop geantwoord.

Die ondersoek het nietemin aan die lig gebring dat twee feesgangers reeds voor die Rage positiewe SARS-CoV-2-uitslae gehad het, maar steeds besluit het om die geleentheid by te woon.

“Dit dui op gebrek aan dissipline en onverantwoordelike risikogedrag onder feesgangers aangesien daar min of geen nakoming van die aanbevole voorkomingsmaatreëls was nie,” lui die verslag.

Volgens Nios het dieselfde soort gedrag geblyk by die Tin Roof-superverspreidingsbyeenkoms in Oktober in Claremont in die Wes-Kaap. “Hierdie soort byeenkomste moet as onnodig beskou word en vir die duur [van die pandemie] verbied word.”

Só lyk die syfers van die Rage-gangers wat positief getoets het per provinsie:

Provinsie woonagtigAantal Covid-19-gevalle
Oos-Kaap4
Vrystaat2
Gauteng561
KwaZulu-Natal 254
Limpopo1
Mpumalanga11
Noordwes0
Noord-Kaap0
Wes-Kaap15
Onbekend0
Totaal848

Dié ouderdomsgroepe is veral getref

Nios het ook bekend gemaak dat die meeste van Suid-Afrika se Covid-19-gevalle tydens die eerste én tweede vlaag van die virus onder die 30-34-ouderdomsgroep en 35-39-ouderdomsgroep voorgekom het.

OuderdomsgroepGevalle gedurende eerste vlaag van die virusGevalle gedurende tweede vlaag van die virus
0-43 1045 465
5-93 5776 927
10-146 09911 542
15-199 75820 582
20-2414 14933 556
25-2927 33249 157
30-3434 00055 633
35-3934 31957 087
40-4429 27349 730
45-4926 76648 283
50-5423 30544 507
55-5918 50238 675
60-6411 08829 589
65-696 25020 337
70-744 10614 503
75-792 7048 665
80 en ouer3 7838 954
onbekend1 7194 629

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Karel Kobus Kruger ·

Slegs indien die staat bo alle redelike twyfel kan bewys dat almal by daai 2 aangesteek het. Al wat daai 2 hoef te sê is dat daar n moontlikheid bestaan dat die res dalk by n asimptomatiese familielid of vriend aangesteek het, of die volgende oggend in n winkel. Die moontlikhede vir oordrag is legio.

Elsabe ·

‘n Helse pak slae. Dodelike virus infeksie, maar ‘n rage is soooo aanloklik.

Maggies ·

Ek hoop hulle sowel as hul ouers word strafregtelik aangekla.
A nee a! ‘n Ouer moét in so geval sy /haar voet neersit.

TO ·

Hulle moet verantwoordelik gehou word vir hierdie onverantwoordelikheid. So ook die ouers wat geweet het hulle is positief, maar hulle steeds laat gaan het. Hoeveel wetsgehoorsame mense het gesterf agv sulke onverantwoordelikheid. En wat van die organiseerders. Dit se my hulle het geen temperature geneem nie want dan moes die positiewe mense mos opgespoor kon word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.