Twee privaat voertuigtoetssentrums in Soweto en Pretoria is gesluit weens beweerde bedrog en korrupsie.
Ismail Vadi, Gauteng se LUR vir paaie en verkeer, het Maandag gesê die Innovative Roadworthy Testing Station in Soweto, wat deur Themba Nxumalo besit word, en die Hercules Roadworthy Centre in Pretoria, wat deur Ahmed Suliman Ismail en Afzal Abramjee besit word, is Vrydag gesluit ná ʼn ondersoek deur die departement van paaie en vervoer.
Volgens Vadi is dié twee toetsstasies se registrasiesertifikate op 1 Maart gekanselleer.
Die sluiting van die stasies volg ná ʼn ondersoek deur sy departement en wetstoepassingsbeamptes.
“Drie voertuig-eksaminatore en een kassier is in Oktober verlede jaar by die toetssentrum in Soweto in hegtenis geneem.”
ʼn Bestuursverteenwoordiger en drie eksaminatore is ook in November by die Hercules Roadworthy Centre in hegtenis geneem. Aanklagte wat verband hou met die onwettige uitreik van padwaardigheidsertifikate vir voertuie wat nooit werklik by die toetssentrum was nie, staar hulle nou in die gesig.
Vadi het gesê onpadwaardige voertuie dra by tot die hoë ongeluksyfer en -sterftes op ons paaie en toetssentrums met wanpraktyke vererger dit.
Wel gedaan. Ongelukke moet verminder word.!!!
Ek gaan wag om te hoor wat gebeur met die betrokke volksvreemde beamptes en dan besluit of dit welgedaan is.
Hulle gaan plase kry en boer
Is dit hoe swart ekonomiese bemagtiging bedryf gaan word?
Lyk vir my al meer na die sluiting van zoomafren besighede om plek te maak vir cyrilfren besighede.
Sjoe chaos oral. Hoop hulle ondersoek die mafia wat rybewyse uitreik teen n prys ook.
Platteland in Nw net so kurup. Neem fotos van 2dehandse voertuie om reg papiere te kry….? Hoe werk dit?