Twee ‘Valke’ vas wat geld eis

(Argieffoto)

Twee mense is Saterdag in Marble Hall in Limpopo in hegtenis geneem nadat hulle glo hulself as lede van die direktoraat vir ondersoeke na prioriteitsmisdaad, oftewel die Valke, voorgedoen het en geld van die direkteur van ’n maatskappy geëis het.

Kapt. Matimba Maluleke, woordvoerder van die Valke, sê die direkteur van ’n maatskappy wat ’n tender ontvang het om persoonlike beskermingstoerusting (PPE) in Mpumalanga te verskaf, het na bewering ’n oproep van een van die verdagtes ontvang. Die verdagte het homself as ’n lid van die Valke voorgestel en aan die direkteur gesê hy ondersoek ’n klag van korrupsie teen hom. Hy het toe R50 000 van die direkteur geëis om van die dossier ontslae te raak.

Die direkteur het die oproep by die Valke se ondersoekeenheid vir ernstige korrupsie aangemeld en die twee verdagtes is in hegtenis geneem.

’n Voorlopige ondersoek het intussen onthul dat die verdagtes nié lede van die Valke is soos hulle beweer het nie. Hulle is ook in die besit van bedrieglike dokumente met die Valke se logo daarop gevind.

Die twee verdagtes, 24 en 27 jaar oud, sal na verwagting Maandag in die landdroshof op Marble Hall verskyn op aanklagte wat verband hou met korrupsie en die voordoen as polisiebeamptes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Regverdigheid ·

As mens lees is dit korrupsie, moord en wats volgende ????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.