Twee vas ná reusedwelmvonds

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Twee mans is in hegtenis geneem nadat daar op dwelms met ʼn straatwaarde van nagenoeg R80 miljoen beslag gelê is by die Kopfontein-grenspos naby Zeerust in Noordwes.

Volgens die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) is ʼn vragmotor Saterdagmiddag by die grenspos deursoek.

Snuffelhonde het alarm gemaak en daar is 141 pakkies Mandrax in versteekte kompartemente gevind. “Daar is beslag gelê op altesaam 1 428 140 tablette ter waarde van R78 547 700.”

Kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het gesê twee mans, onderskeidelik 42 en 37 jaar oud, is in hegtenis geneem. Die verdagtes is van Tanzanië en Zambië afkomstig.

“Die Valke ondersoek die saak en die verdagtes sal binnekort in die Zeerust-landdroshof verskyn,” het Mokgwabone gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Tiger ·

Dis baie goed gedaan!Geluk aan die snuffelhonde.Hulle is hul gewig in goud werd vir die narkotika mense.Daai “buitelanders” moet borgtog geweier word want hulle pleeg potensieele moord op duisende mense.Die wet hoord hier gewysig te word dat dwelmsmokkelaars EN smouse sonder die keuse van ‘n boete lewenslank en sonder kans op parool toegesluit moet word.MAAR hul regerings moet die rekening kry vir hul “verblyf”.

sethos ·

Dwelms smokolarei ht di hoogste presetasie bereik.dankbaar is di cops wt so vinnige flink diens doen.

elize naude ·

los tg vir sthos hy makir niiks en hetie n boeki nodig ni

Lance ·

Kan nie anders as om te wonder hoeveel is nie gevang nie ….

Akram ·

Genugtig. Dis baie pille. In die verlede was daar gereeld voorstaan dienste op daai pad gedoen. Ek het self my deel gedoen om vortuie te deursoek in die son. sover my kennis strek was daar in die vroee 90’s ook op n miljoen pille beslag gele po daai selfde roete. deesdae bestaan daai dienste nie meer nie. of nog erger die SANAB eenhede is mos ontbind. ek moet saam stem dat dit ne n druppel in die emmer is wat werlik gevang word op die grense. met al die roetes wat daar is en kort paaie, raak dit net moeiliker. Maar nogsteeds is dit n goeie vangs. Weldone.

Jan maak n Plan ·

Nou weet ons ook hoe al die buitelanders met hulle klein winkeltjies sonder kliente so baie geld maak. Ek wonder wanneer gaan die SAPD en SARS se ogiesoop gaan????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.