Twee verdagtes wat Dinsdagaand in hegtenis geneem is in verband met ʼn rooftog by ʼn winkelsentrum in Morningside in Johannesburg, kan moontlik met verskeie ander ernstige geweldsmisdade in die gebied verbind word.
Kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het gesê ses mans het Dinsdag omstreeks 21:00 ʼn rooftog by die Morningside-winkelsentrum uitgevoer. Die rowers het tydens die rooftog glo ʼn veiligheidswag by die sentrum oorval en probeer om hom met ʼn mes te steek.
Die polisie kon daarin slaag om ná die rooftog twee verdagtes vas te trek. Van die gesteelde goedere in ʼn gesteelde voertuig is in hul besit gevind.
“Die polisie is tans besig om ondersoek in te stel na die verdagtes se betrokkenheid by ander misdade in die verlede. Hulle sal intussen teregstaan op aanklagte van sakeroof en poging tot moord van ʼn veiligheidswag in die sentrum,” het Dlamini gesê. “Verskeie leidrade word opgevolg om die ander verdagtes wat ontsnap het vas te trek.”
Goeie werk SAPD!!