Twee vas ná skietaanval op motoris

(Foto: SAPD)

ʼn Motoris is Woensdag in Vanderbijlpark geskiet en ernstig beseer waarna twee verdagtes in hegtenis geneem is.

Polisiebeamptes is net voor 12:00 omtrent ʼn skietery in kennis gestel, het lt.kol. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, gesê.

“Lede van die Vanderbijlpark-polisietaakspan het gereageer. Die bestuurder van ʼn wit Mercedes-Benz is in die bolyf geskiet en ernstig beseer. Sy passasier is nie beseer nie.”

Daar word beweer dat vier verdagtes in ʼn blou Mazda op die slagoffer se voertuig losgebrand het. “Polisiebeamptes het vinnig gereageer en ʼn soektog van stapel gestuur vir die verdagtes wat te voet gevlug het. Twee mans is voorgekeer en daar is twee vuurwapens in hul besit gevind.”

Die twee mans, 25 en 27 jaar oud, is in hegtenis geneem. Hulle sal binnekort in die Vanderbijlpark-landdroshof verskyn op aanklag van poging tot moord en die besit van ongelisensieerde vuurwapens.

“Die motief vir die skietery word ondersoek. Daar sal ook ondersoek ingestel word of die verdagtes of die vuurwapens wat gebruik is met enige ander misdade verbind kan word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Jack ·

Ja dit is GTA Suid Afrika.Nothing to big and nothing to small.All crime goes.

Phillip ·

En hulle kry borg om dit weer te doen . is mos nie maklik om hulle optespoor nie want geen vaste adres nie

H.A. ·

Wapens is deesdae baie volop, ek moet ook kyk vir n paar ‘heavies’ .

Hardekwas ·

Ek wonder waar al dié onwettige wapens wat deesdae in omloop is so skielik vandaan kom? As die boewe dit het, hoeveel te meer word besit deur n sekere rooi politieke party.

pompies ·

Dit is al die wapens wat ingehandig is vir amnestie met die lisensies wat verval het.

Anoniem ·

Bly die kriminele is aangekeer – maar wat die uiteinde gaan wees, is enige iemand se raai …

Alle sterkte en spoedige herstel aan die beseerde motoris.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.