Twee vas oor R6,8 miljoen se drank

Argieffoto (Foto: Vinotecarium/Pixabay)

Twee verdagtes, onderskeidelik 37 en 44 jaar oud, is in Gauteng in hegtenis geneem in verband met bedrog en diefstal van alkohol ter waarde van R6,8 miljoen.

Kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het gesê lede van die Valke het Saterdag saam met City Deep-polisiëringsbeamptes twee vragmotors voorgekeer wat eksklusiewe alkohol vervoer het. “Toe die dokumente nagegaan is, is daar bevind dat dit vervals is.”

Die vragmotors se registrasienommers was ook vals en die twee voertuie is geskut.

“Een van die verdagtes is vinnig aangekeer toe hy van die toneel wou vlug,” het Mulamu bygevoeg. “Die beamptes het egter nie gerus voor hulle ook die tweede verdagte Sondagmiddag in Alberton aangekeer het nie.”

Die polisie se ondersoek duur voort. Die verdagtes sal onderskeidelik Maandag en Dinsdag in die hof verskyn.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Persheks Adri ·

Korrupsie is die nuwe sport in SA! Wanneer is dit kopdoek en haar kinders se beurt? Ons soek die groot visse ek kan nie wag nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.