Maxine Jordaan, woordvoerder van die Kaapstadse verkeersdepartement, het gesê die mans, albei van Noordhoek, sal op aanklagte van roekelose en nalatige bestuur aangekla word.
Die mans is omstreeks 8:43 Sondagoggend op die N2 by Macassar in ʼn 120 km/h-sone betrap. “Albei bestuurders het ʼn vrouepassasier in die motor gehad ten tyde van hul inhegtenisname,” het Jordaan gesê.
Die twee mans sal Dinsdag in die Somerset-Wes-landdroshof verskyn.
We’ll. Hulle kan dit defenief bekostig as dit die motors is wat op die foto is , waarmee hulle gevlieg het.
Hoop nie die arme ou mis sy honeymoon nie.
Ek is seker die vrou(epassasier) het in beide gevalle die skuld gekry waar dit in der waarheid net ‘n kwessie was van ‘hou Noord(hoek) en foeter voort’ sonder om te dink oor die moontlike gevolge.
Hulle was seker laat vir kerk