Twee verdagtes onthoof na ‘dwelmbaas’ se skietdood

Foto: Facebook

Yaganathan Pillay is Maandag by sy huis in Shallcross, Durban, geskiet waarna hy na ’n hospitaal geneem is en kort na sy aankoms aan sy wonde beswyk het.

Twee van Pillay se vermeende moordenaars is na die skietery in Taurusstraat deur gemeenskapslede aan die brand gesteek en onthoof. Pillay, ‘n “berugte dwelmbaas”, was beter bekend as Teddy Mafia.

Brig. Jay Naicker, polisiewoordvoerder, het gesê Pillay het sy dogter glo omstreeks 14:00 ingelig dat hy besoekers verwag. Nadat die mans daar aangekom het, is Pillay se dogter na die agterkant van die huis toe sy geweerskote gehoor en vasgestel het haar pa is geskiet.

Gemeenskapslede het die twee verdagtes vasgetrek en onthoof. “Toe polisiebeamptes op die toneel aankom, het gemeenskapslede op hulle losgebrand,” het Naicker gesê.

Lede van die polisie se openbare orde-eenheid is na die toneel ontbied en die skare is uiteengejaag.

“Die polisie het nie op enige vuurwapens op die toneel beslag gelê nie en dit is in die stadium nie duidelik of die verdagtes te voet of in ’n motor op die toneel aangekom het nie.” Drie sake van moord word ondersoek.

Pillay se seun, Devendren Lionel Pillay, is in Maart verlede jaar buite sy huis in Shallcross geskiet en het kort daarna in ’n hospitaal aan sy beserings beswyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.