Twee wat by Mt. Frere ontsnap terug agter tralies

(Argieffoto: Unsplash)

Twee van die 12 verhoorafwagtende gevangenes wat vroeër vandeesweek uit die aanhoudingselle van die Mt. Frere-polisiestasie in die Oos-Kaap ontsnap het, is weer gevang.

Polisiebeamptes was Donderdag omstreeks 02:00 besig met ʼn roetinepatrollie van die selle toe hulle op ʼn gat in die muur van een van die selle afgekom het. Altesame 12 gevangenes was skoonveld. Die heining om die gebied by die selle is ook geknip.

Die 12 is aangehou op aanklagte wat wissel van diefstal tot gewapende roof en verkragting.

Nkosikhona Ngcopheni, wat aangekla is van diefstal, is Vrydag by sy huis in Nkungwini in Mt. Frere aangetref, sê kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder.

Nog ʼn verdagte, Sodlana Luphumzo, is ook gistermiddag aangekeer – dié keer by Bislan. Luphumzo is aangekla van huisbraak.

Die polisie is intussen steeds op soek na die ander tien voortvlugtendes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.