Twee wat polisiemanne skiet, gevonnis

(Argieffoto: Unsplash)

Twee mans wat sewe jaar gelede twee polisiebeamptes in Ngcobo, Oos-Kaap, in ʼn skietvoorval gewond het, is elk tot tien jaar tronkstraf gevonnis. Die oortreders het reeds op ander aanklagte tereggestaan.

Thando Myendeki (35) en Mnoneleleli Godfrey Kabane (35) het in September 2014 uit die aanhoudingselle by die streekhof op Ngcobo ontsnap en die twee beamptes geskiet.

Volgens kapt. Yolisa Mgolodela, woordvoerder van die Valke, het konst. Malizole Vayisi en lt.kol. Ntobeko Mdlathu kos vir die mans in die selle gevat toe die mans die beamptes oorrompel en Vayisi se vuurwapen afgevat het.

“Die polisie is van die voorval in kennis gestel en het ander beamptes na die selle gestuur. By hulle aankoms op die toneel het hulle Vayisi en Mdlathu met skietwonde daar aangetref,” sê Mgolodela.

Die mans het verskeie kere in die streekhof in Mthatha verskyn voordat hulle Vrydag gevonnis is. Hul borgtogaansoeke is vroeër van die hand gewys en hulle was vir die duur van die verhoor in aanhouding.

“Die mans is elk gevonnis tot sewe jaar tronkstraf vir ontvoering, tien jaar vir roof, tien jaar vir die onwettige besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen, tien jaar vir die onwettige besit van ammunisie en tien jaar vir poging tot moord. Die vonnisse sal gelyktydig uitgedien word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Elmarie ·

So hulle gaan binnekort vry wees aan gesien hulle reeds 7 jaar in aanhouding is. Dit help nie veel nie.

Hennie J ·

As ek reg verstaan het hulle elk 47 jaar gekry, maar vonnisse loop gelyktydig en moet 10 jaar sit. Hulle is reeds 7 jaar in aanhouding (free dinner, bed and breakfast) en sal dus heel moontlik sommer gou-gou met hulle manewales kan voortgaan. Welkom in piesangland

Misky ·

Letterlik en figuurlik die hand gebyt/skiet wat hulle kos gee

Maggies ·

Dit is hierdie veelvuldige “vonnisse sal gelyk uitgedien word” wat van ons regstelsel ‘n grap maak. Hulle wéét dat hulle nie lank sal sir nie, daarom hou dit net eenvoudig nie op nie.

Franz ·

Geen wonder ons polisie lede word gebruik vir skyf skiet nie,dit is mos absoluut belaglik,hopeliksaldie staat teen die vonnis appeleer.Liewe land.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.