‘n Tweede verdagte is in hegtenis geneem in verband met die aanval op Buks Swanepoel (82) en sy vrou, Cornelia (80), op hul plaas buite Vierfontein in die Vrystaat.
Kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, sê ‘n 27-jarige man, wat voorheen vir die egpaar gewerk het, is Donderdagaand in Orkney in Noordwes in hegtenis geneem.
Hy word aangekla van poging tot moord, huisroof en die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen.
Die eerste verdagte, ‘n 23-jarige man van Lesotho, is Maandag op ‘n plaas naby die Swanepoel-egpaar se plaas in hegtenis geneem. Hy is ook in besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen gevind. Hy het Woensdag in die Viljoenskroon-landdroshof verskyn en die saak is tot volgende week uitgestel.
Die Swanepoel-egpaar is Maandagmiddag op hul plaas, Sterkfontein, aangeval. Die verdagtes het die egpaar se motorsleutels gevat.
Thakeng sê die mans het die motorsleutels op die grond gegooi en gevlug toe ‘n plaaswerker op die toneel aangekom het.
Die 27-jarige verdagte sal Maandag in die Viljoenskroon-landdroshof verskyn.
Ek wens die mense wil besef om goedkoop arbeid te doen werk net nie hou op om mense te vat vir werk wat nie hier hoort nie hulle kom om te steel en te moor en dan vlug hulle en hulle word nie weer gekry nie sit die hand dieper in die sak en betaal vir n diens wat gelewer word cheap labor werk nie………..