Uiteenlopende reaksie op beslissing oor ou SA vlag

Die ou Suid-Afrikaanse vlag.

Heelwat uiteenlopende reaksie is ontvang ná die gelykheidshof Woensdag beslis het die vertoon van die ou Suid-Afrikaanse vlag kom in sekere kontekste op haatspraak neer.

Maroela Media het vroeër berig adjunk-regter-president Phineas Mojapela het bevind die ongegronde vertoon van die ou vlag word nie beskerm onder vryheid van uitdrukking nie. Mojapelo sê die swaai van die vlag is verdelend, pynvol en gaan verder as haatspraak: dit is teistering.

Dít beteken dat die ongegronde tentoonstelling van die vlag, byvoorbeeld by ʼn sportbyeenkoms, verbied word. Die vertoon daarvan word steeds in byvoorbeeld museums en akademiese konteks toegelaat.

Die Nelson Mandela-stigting (NMS) het die aansoek by die gelykheidshof ingedien en die Menseregtekommissie (MRK) was die tweede aansoeker in die saak.

Die stigting het ná die uitspraak gesê alle Suid-Afrikaners het rede om die beslissing te vier. “Ons land het nodig om die wonde van die verlede te genees. Om dít te doen, moet ons erken wat gebeur het en nie wegskram van die geskiedenis nie, maar daarna kyk en dit noem wat dit is.

“Dit beteken ons kyk na ons geskiedenis en noem apartheid ʼn misdaad teen die mensdom en ʼn growwe menseregteskending. As ons ontken wat gebeur het, gaan die geskiedenis vir ewig by ons spook,” het die NMS gesê.

Die burgerregtegroep AfriForum het die beslissing as ʼn terugslag vir vryheid van spraak bestempel, maar sê dat dit nie die organisasie se aktiwiteite of standpunte direk raak nie. Die organisasie sê hy vertoon nie self die vlag nie en ontmoedig ander mense om dit te doen.

Ernst Roets, hoof van beleid en strukture by AfriForum, het gesê daar moet duidelikheid wees oor die lyn tussen vryheid van spraak en haatspraak. “Ons kommer met hierdie saak was van meet af dat ʼn uitspraak in die NMS se guns nie die doel sal dien wat hy beoog nie, aangesien staatsregulering met betrekking tot vryheid van spraak meestal tot groter probleme lei.”

Hy het gesê AfriForum is steeds oop vir gesprekvoering oor nasionale kwessies.

Die Herstigte Nasionale Party het gesê vir Afrikaners is die vlag ʼn simbool van orde, beskawing, vooruitgang, vryheid, respek vir kulturele verskille en ʼn Christelike bestel.

“Die vlag wat die ANC op ons afdwing, is ʼn simbool van verdrukking, moord, wanorde, verval, kultuurvertrapping, rassehaat en ʼn antichristelike bestel. Wat die Afrikanervolk betref, is dít haatspraak en verteenwoordig dit uitsprake soos ‘Kill the Boer’,” het Louis van der Schyff, hoofsekretaris van die HNP, gesê.

Die Afrikanerbond (AB) het gesê die vertoon van die ou landsvlag was omstrede, maar dat die beslissing die deur open vir ánder simbole om onderdruk te word. “Sommige mense beskou dit as ʼn simbool van geskiedenis en Afrikaner-erfenis, terwyl ander dit as ʼn simbool van apartheid en wit oppergesag beskou,” het Jan Bosman, hoofsekretaris van die AB, gesê.

“Misdaad, korrupsie, staatskaping en ekonomiese ineenstorting gebeur wel onder die huidige vlag. Om die simbool weg te neem los nie die probleem op nie.

“Om ʼn Suid-Afrikaner te wees verg deesdae ʼn groter gesindheid van ruimte en begrip, van respek en verantwoordelikheid. Ons Suid-Afrikaanse diversiteit vra dit van ons. Net so moet ons ook begrip en respek hê vir mekaar se geskiedenis. Om die vertoon van die ou vlag in te perk stel mense teen mekaar op, in plaas daarvan om mense nader aan mekaar te bring.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

76 Kommentare

JP ·

As dit nie rassisties is nie wil ek nie weet hoe lyk rassisme nie

Gert ·

Die nuwe vlag gee my aanstoot, dis die simbool van onderdrukking van my mense en van die ineenstorting van Suid-Afrika.

Poot ·

Maroela Media…. oppas…. julle is besig met “haatspraak” met die vertoon van die ou vlag in julle berig.

Linda ·

Hierdie behoort elke mens se persoonlike keuse te wees, of jy nou die Ou Vlag of die Nuwe Vlag in jou huis te hou. Persoonlik sal ek die Nuwe Vlag verkies, sodat my kleinkinders vertroud daarmee kan word, en nie deurmekaar kan wees eendag tussen ons Ou Vier kleur en die Nuwe Vlag nie ! Vir die volgende 100 jaar gaan ons Land in elk geval onder die ANC bewind wees.

Dirk Breytenbach ·

Nee wat Linda, nie honderd jaar nie, miskien 10 jaar op die langste.

My Stem ·

Die ou vlag staan vir ons mans en seuns wat geveg en gesterf het vir ons eens mooi land en dit sal altyd my vlag bly! Dieselfde met die Stem. Die nuwe vlag beteken vir my niks en is buitendien vir my lelik. Daar is selfs van die swart mense met wie ek saam werk wat ook so voel, l w : nie almal nie, maar verbasend baie. Dan mag die ANC ook nie hulle vlag vertoon nie, want dit gee my aanstoot,omdat daar terrorisme en onskuldige bloed vergiet is deur die party waarvan dié vlag n simbool is.

Schalk ·

Vir die volgende honderd jaar sal ek geen respek vir die nuwe vlag he nie. Hy verteenwoordig moord, verkragting en korrupsie. Onder die ou vlag wat nou kwansuis haarspraak is, was daar nie die tipe misdade waarmee ons vandag sit nie, en al as n tweede natuur aanvaar het nie. Ek is trots op my ou vlag, ek hunker nie noodwendig terug apartheid toe nie, ek mis die wet en orde. In my huis is die ou vlag koning!!! En basta met wat howe besluit vir my moet werk of nie.

Frans ·

Ag nee Linda, wat se verskoning is dit. Is dit nie juis jou plig om jou kleinkinders te leer omtrent die land se volle geskiedenis nie? Hulle gaan in elk geval net hoor hoe sleg alles is wat met wit en afrikaans te doen het. Vertel hulle eerder waar die Vierkleur vandaan kom, die ou SA vlag en die nuwe vlag. Klink vir my jy het klaar boedel oorgegee en is deel van die wat ons wil uitwis.

sdp ·

Hoekom sluit kommentaar net skielik oor die spesifieke onderwerp??

Rina ·

Ons is ook nou al naar en siek vir al hierdie ongeskikte beskuldigings. Kry.n lewe en stop al hierdie moorde . Verkragtings . Inbrake … dagga rokery….. drugs. Eish

Dirk Breytenbach ·

Nee wat Linda, nie honderd jaar nie, miskien 10 jaar op die langste.

Kasper ·

Ek self het 2 ou Suid Afrikaanse vlae in my onthaal area. As jy nie daarvan hou nie, is jy ook nie welkom in my huis nie. Die nuwe vlag is een wat anargie en vernietiging van die westerse waarde stelsel verteenwoordig, en ek het geen , maar geen respek daarvoor nie. laat die libbies nou maar hande klap oor die uitspraak, julle tyd raak kort.

Cherokee ·

Miskien het ek al saam met jou gekuier by ‘n vleisbraai langs die eerste vlag wat jy gehad het, Kasper.

Gert van Wierdapark ·

Blah blah blah – ek het net mooi niks om te vier nie, behalwe dat staatskaping ook gesien kan word as n misdaad teen SA-ners, “Finish en Klaar”

Koos ·

Ek gee werklik nie om wie wat, waar en wanneer hieroor te sê het nie, WANT ek is onder die ou Suid Afrikaanse vlag van hierdie land gebore – daarom SAL ek die klein lessenaar weergawe daarvan, in my studeerkamer uitstal!!!!

Net soos ek die huidige Suid Afrikaanse vlag op dieselfde lessenaar in my studeerkamer uitstal.

Wie daardeur ongemaklik gemaak word, het niks met my privaat vertoning van die twee vlae te doen nie – “mind your own business in your own home” – hierdie is my privaat woning en basta.

Piet ·

Swaai die ou prinse vlag. Dit het dieselfde kleure, maar sonder die klein vlaggies in die middel.

My Stem ·

Die ou vlag staan vir ons mans en seuns wat geveg en gesterf het vir ons eens mooi land en dit sal altyd my vlag bly! Dieselfde met die Stem. Die nuwe vlag beteken vir my niks en is buitendien vir my lelik. Daar is selfs van die swart mense met wie ek saam werk wat ook so voel, l w : nie almal nie, maar verbasend baie. Dan mag die ANC ook nie hulle vlag vertoon nie, want dit gee my aanstoot,omdat daar terrorisme en onskuldige bloed vergiet is deur die party waarvan dié vlag n simbool is.

Jean ·

Ek neem aan die prys van so n vlag het nou verdubbel en gaan n gesogte versamel stuk word

jan pogenpoel ·

julle weet ni wa van julle praat ni ons standbeelde word beskadig beskadig ons hulle goed praat ons haat teen oor hulle soos hulle se kile the boer ons se ni kile the blacks ni hulle weet nix van aparthuid af ni want meeste was ni da ni meeste swart mense se hulle beter gelewein aparthuid as nou

Mieliestronk ·

Die kinderagtigheid sal nou moet gestop word Die regering onder die ou vlag daar was nie een staatsinstansie wat sonder geld was nie Eskom was die rykste instansie in Afrika Nou onder die nuwe vlag 25 jaar later en daar is nie een instansie wat nie bankrot is nie Want daar word meer aandag gegee oor die verlede en nie meer lank nie gaan mense sterf sonder voedsel dit is op pad Los die vlae van die verlede en die toekoms en sorg en beskerm die volk dat daar kos op hulle tafels kan kom Dat daar nie verder op die kniee gekruip word in die buiteland vir geld

Piet ·

Waarom is die kommentaar op die ander artikel binne n paar uur gesluit, en nie na 48 uur soos beweer onderaan daai artikel?

B ·

Uitstekend!
Dit gaan die meelopers nou laat besef met wie hulle eintlik te doen het. Die lyne word al hoe duideliker getrek.

Budgie ·

B,

Ek dink die meelopers se koppe is nog steeds in die sand. Ek weet nie wat nog moet gebeur nie, maar ons ou nasie kan nie saamstaan nie. Ons is leierloos en vodde. Kyk na van die kommentare ook. Laat mense dink.

Boerepompie ·

So baie mag, het n dooie stuk lappie geluklkg darem nog nooit oor my gehad nie

Budgie ·

B,
Die meelopers is nog steeds blind en doof.
Koppe in die sand. Hulle sal in elk geval nie openlik erken wat hulle nou dink nie. Tragies

JR ·

Die nuwe vlag sal my altyd herinner aan moorde verkragting geweld korupsie verdrukkig van Afrikaans ons taal waarop ons trots is ek sal nooit respek hê vir die nuwe vlag nie

De Villiers ·

Net soos die ou Suid-Afrikaanse vlag vir sommige aanstoot gee en dit as ń simbool van onderdrukking wil bestempel, doen die nuwe vlag dieselfde vir my, en ek glo vir baie blankes. Dan moet die nuwe vlag ook as haatspraak geklassifiseer word. Wat is die verskil?

Ralph ·

Wat van die vertoon van die slild en assegaai van Zuma. Kan ons nie met dit ook wegdoen. Dan nog half kaal in die openbaar. Hul tradisies is mos regverdig.

Weet net ·

Ek neem erg aanstoot wanneer ek die nuwe sa vlag sien. Bloedvergieting is al wat ek sien wanneer ek daardie vlag sien. Ek is trots op die Ou Landsvlag!

Almalkinderssonderlogika2019 ·

Om ‘n vlag uit die geskiedenis van ‘n volk te verklaar as haatspraak is self haatspraak teenoor daardie volk…

Viva Witman ·

Absoluut absurd. Wat van die hamer en sekel vlag van die SAKP waaronder meer as een honderd miljoen Christene vermoor is? Nelson Mandela self het ‘n traktaat met die titel ‘How to be a good communist’ geskryf. Sieklike dubbel standaarde!

Waarheid ·

Gevoelens wederkerig… baie hou Niks van huidige landvlag MET KONNOTASIES nie.. Soos daar baie mense is wat nie van my ou landsvlag MET KONNOTASIES hou nie nou is dinge ewe.

Marianne ·

Stem saam met mieliestronk….en mooi bly darm maar mooi!!!!niks met rassisme te doen nie!!!ten minste laat dit mens nie herinner aan moord en korrupsie

Jr ·

Hulle kan dit nie uit my hart of my kop vat. Die nuwe vlag beteken niks vir my nie. Wat dit wel beteken is – alles wat vandag in Suid Afrika gebeur. Niks alles is ń mislukking en is JUNK STATUS. As die nuwe volkslied speel sal ek bly sit.

XYZ ·

Sjoe maar die ou vlag wat julle hierbo vertoon Maroela Media is darem pragtig, julle moet ligloop, julle stel julleself bloot aan haatspraak om dit te vertoon!

Anna ·

Nou nié dat enige ou simbool of geskiedenis dinge gaan BETER maak in Sa nie,gaan dit?

Bossie ·

Nou luister nou mooi…. Van nou af SAL ek nie staan vir die volkslied van die begin af nie. Ek sal opstaan sodra hulle die Stem begin sing. Ek sal geen respek toon vir die eerste gedeelte nie want ek voel dit onderdruk my en koppel my aan die omgedraaide apartheid. Ek stel voor ons neem standpunt in en almal wat saamstem maak nie hul mond oop, staan nie op of enige iets voor die Stem nie gesing word nie! En MY vlag BLY my vlag.

Pieter ·

Stem ek sing nie daai deur mekaar spul van hulle nie ek is trots op my ou landdvlag en die stem daar was niks lekkerder as om die stem te sing as jy op die paraade grond gestaan het met jou r4 langs jou nie ai die goeie dae

Boeta ·

Nou dink die spul narre, ek moet nou huil of aanstoot neem of ontsteld wees, as hulle ons koggel?

Budgie ·

‘n vraag aan almal – wat beteken die nuwe vlag? Simbolies gewys ens? Net ‘n ope onskuldige vraag

klug ·

Verander straat name, lug hawe name, dorpsname, skoolname, verbied die ou vlag, Die Stem, vermorsel elke standbeeld, verander die land naam na Azania. Almal weet wie die land gebou het en wie dit vernietig het en geen verbod of naams verandering kan die feite ooit verander nie.

Deon Meyer ·

Ek die nuwe vlag respekteer…NOOIT,so ook nie die volkslied nie.Hou gerus verby en bly gly,gly,gly….

Tom ·

Wat van die kommunistiese vlag wat nog steeds by betogings geswaai word wanneer word dit verban in die openbaar

Hennie ·

Hulle kan in hulle se maai gaan. Die vlag verteenwoordig integriteit en trots. Die g-string nuwe vlag verteenwoordig korrupsie en rassisme? Sal myne hou en sal graag wil sien wie dit kom vat

Jannie ·

LANK LEWE DIE OU S A VLAG!! LANK LEWE DIE VIERKLEUR!! SALUUT!!!!

Koos ·

Die grootste apartheid ooit is Nou!!! Ek sal nooit van my ou vlae ontslae raak nie dis myne en voorvaders sin

Tom ·

Wat van die kommunistiese vlag wat nog steeds by betogings geswaai word wanneer word dit verban in die openbaar

Willem Grobler ·

Jy mag nou nie die Oranje Blanje Blou vertoon nie maar jy mag die Hamer en Sekel rondswaai. Hulle hoon ons nou openlik…

thinus erasmus ·

As ek vinnig skryf haal ek dalk die 4 uur lange 48 uur spertyd!
Dis nou tyd vir ń nuwe vlag: ń pawpaw (oranje) op pad na ń fan (blou) met die spoed van (wit) lig!

Sê maar net ·

Nou hoef ek nie meer voor te gee nie – die huidige vlag maak my naar!

Chris du Plessis ·

oranje, wi en blou is nie ONS mense se vlag nie. Die Boere Afrikaners se vlag is groen , rooi, wit en blou. Die is die kleure waaronder ons die sterkste vorm van selfbeskikking geniet het, nl 2 soewereine state en dis waaronder ons vir vryheid geveg het. Ek is net so gatvol vir die swart meerderheid se venynigheid maar ons vryheidstrewe moet geskied onder die simbool wat dit die beste weerspieel, nie die swakste simbool nie (oranje, wit en blou nie) Ek stem vir n vlag veldtog, maar dan onder die vierkleur en/of Vrystaat vlag of vyf kleur.

Phil ·

Chris du Plessis, ek stem saam met jou. Let wel dat die huidige vlag is n simbool van die vierkleur met n swart driehoek en n geel streep wat die swart driehoek met die vierkleur se kleure skei……

nabetragting ·

‘n Vlag is ‘n simbool wat emosie ontketen. Ons weet watter emosie die ou vlag ontlok, danksy die sosiale media. Ons het nuwe simbole na 1994 met groot verwagting aanvaar. Die meerderheid mense in die land en self baie witmense het met groot verwagting uitgesien na ‘n nuwe regering aan bewind, met nuwe simbole. vir die eenheidstrewe wat gepredik was.

Dit is 26 jaar later en Suid-Afrika en al sy mense met hulle afgode staan voor ‘n afgryslike afgrond, in die hoop dat bogenoemde hulle sal red van ondergang, terwyl hierdie dooie organismes, die aandag deflekteer van die ware toedrag van sake af. Dit is tog nou tyd vir Xtraalvrae om Suid-Afrika en sy mense te red van ondergang. Howe hou hulle besig met beuselagtighede, terwyl die land brand. Dit bly steeds simbole wat emosie ontketen, en waarop geen mens kan reken nie.

Adam ·

Ek kan in my wildste drome nie glo dat die grootste deel van ons bevolking die heeltyd probeer om die verlede te herskryf nie. Wat my nog meer verstom is hoe die regbank misbruik word om politieke punte aan te teken. Dit is om van naar te word. Dit wat in die verlede gebeur het, is deel van die geskiedenis en dit sluit beide vlae in.

Michelle ·

Ek is trots op daardie drie kleur ek is met hom gebore sal met hom sterwe. Gelukkig smaak verskil ek hou weer nie van die opvolg nie maar almal kan nie van dieselfde goed hou nie die wêreld sal vervelig wees.

Pieter ·

Ons ou landsvlag word verbied is reg verbied dan ons blankes se belasting geld ook asb

Christien ·

Pinterest het alreeds die ‘share & save’ GESTOP. Kan nie die ou vlag op Pinterest stoor nie. Dis die krag van ‘artificial intelligence’ in die rekenaarwereld. Dêmmit.

Attie. ·

Die ou vlag het tot niemand se dood gelei nie maar militere R1 oftewel FN gewere het tot duisende terrorist se dood gelei maar tog word die 7.62 R1 gewere nie vernietig nie maar die pragtige vlag van ‘n regering van Wet en Orde. Die huidige regering laat my lag, binne 10 jaar sal die ANC homself vernietig.

Alf ·

Ek wil net weet, as die ou lands vlag n aanduiden is van onerdrukken is, dat sal JULLE ook na ons “The national anthem of South Africa”begin kyk, want deel daar van is die STEM inen die STEM was ook deel van die onerdrukken so dit sal volgende wees om te gaan

Willem Erasmus ·

Belaglike uitspraak. My broer woon in den Haag, Nederland naby die ZA consulaat. Ek het hom gevra om die vlag voor die consulaat te gaan swaai met kamera en dan reaksie op te neem. Wat van as iemand ZA vlag aan die Bostwana kant van Limpoporivier gaan ophang ? Hahahaa!

Retha Roux ·

Ek is so ongelukkig, nou sê EFF die volgende is die Stem, so ons verloor al meer ons waardigheid in hierdie land

James ·

Die gemors sal my nie onderkry nie.
Hulle is besig om hulself te vernietig

Phil ·

Wie wil in elk geval die STEM samm net vandag se “violkslied” meng? Dis soos om die ONSE VADER met n acdc lued te meng…….

Die Stem ·

Die ‘ou vlag’ is die mooiste vlag in die hele wereld en sal vir altyd so vir my bly.
Ek gaan dit my hele huis vol hang!!
Ook klere maak van Oranje Blanje Blou en dit in die publiek dra!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.