Die hooggeregshof in Kaapstad het Vrydag uitspraak voorbehou in Patricia de Lille se dringende hofaansoek om haar amp te behou totdat die regsgeding rondom die geldigheid van haar verwydering uit haar pos aangehoor word.
Dit volg nadat die hooggeregshof vroeër gehoor het dit kan geen skade inhou om De Lille weer in haar amp as burgemeester aan te stel nie.
Die uitspraak sal volgens African News Agency glo met minstens twee weke uitgestel word.
De Lille is Dinsdag uit haar amp verwyder nadat die DA se federale uitvoerende komitee bevestig het dat haar DA-lidmaatskap beëindig is, wat dus effektief beteken sy is ook haar burgemeesterspos kwyt.
Haar regspan voer aan gegewe dat die spanning tussen De Lille en lede van die DA-koukus in die stadsraad al vir langer as ʼn jaar aan die gang is, sal die feit dat sy haar pos steeds beklee nie enige skade aan die Stad Kaapstad of die party doen nie.
Regter Patrick Gamble het vroeër gesê gedeelte B van De Lille se aansoek – wat die grondwetlike geldigheid van die beëindigingsklousule betwis – sal op 25 Mei deur ʼn volbank regters van die hooggeregshof aangehoor word.
jy en oompie athol is te wit vir die da ta pattie. ek dink cope sal julle met ope arms verwelkom.