Uitspraak voorbehou in Maimane se skole-saak

(Argieffoto: Unsplash)

Uitspraak word voorbehou in die voormalige DA-leier Mmusi Maimane se saak om skole weer te sluit te midde van die Covid-19-pandemie.

Werner Human, adjunkbestuurshoof van Solidariteit, het Donderdag in ’n verklaring gesê Solidariteit is toegelaat tot die verrigtinge en argumenteer ten gunste van die opening van skole.

Volgens Human het Solidariteit in die hof aangevoer dat dit nie in die beste belang van kinders, onderwysers en die onderwys in die algemeen is dat die skole weer gesluit word nie.

Human verduidelik dat Solidariteit van mening is dat daar nie gekies moet word tussen gesondheid en onderwys nie, maar eerder gekies moet word om onderwys op ʼn gesonde wyse te ontvang.

“Die land verkeer in ʼn ekonomiese krisis. Om verantwoordelik en veilig te werk en skool te gaan is dus ʼn noodsaaklikheid. Solidariteit sal aanhou veg vir leerlinge se reg om te leer en vir onderwysers en ander werkendes se reg om te werk,” het dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, in die verklaring gesê.

Maroela Media het vroeër berig Maimane het hom namens sy nuwe organisasie, One South Africa Movement, weer tot die hof gewend om die besluit om skole te midde van die Covid-19-pandemie te heropen, ter syde te stel.

Dít nadat hy ʼn dringende aansoek by die konstitusionele hof ingedien het om te vra dat skole eers oor drie maande heropen. Dié aansoek is egter van die hand gewys op grond van die feit dat Maimane se organisasie nie behoorlik gemotiveer het waarom hy dié hof direk nader nie.

Maimane meen dit is onverantwoordelik om skole nou al oop te stel en dat leerders en onderwysers onveilig sal wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Baardman ·

Maimane weet nie waarvan hy praat nie. Hy wil ook asb ook ietsie sê in hierdie tyd. Boonop mors hy nou belasting geld wat eerder aangewend kon word om juis die skole wat nog nie geriewe het nie te voorsien daarvan

Warrior ·

Drie weke terug b d skool om te kan werk en klaar iemand wat moet selfisoleer en laat toets. Skool ontsmet maar ons moet aangaan. Soms wonder ek wat is n onnie se lewe werd?

Francois ·

Hou op selfsugtig wees. As jy bang is om te gaan werk bly by die huis. Hou op om namens my ook te besluit. My kind het ook die reg om skool te gaan

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.