Kaamini Reddy, woordvoerder van die universiteit, het gesê die voorval het in die vroeë oggendure by ʼn private koshuis weg van die kampus gebeur. “Dit is belangrik om te noem die betrokke veiligheidswag is nie in diens van UJ nie,” het Reddy gesê.
Sy het gesê die omstandighede rondom die voorval is nie duidelik nie en word deur die polisie ondersoek. “Die student was in sy eerstejaar en geregistreer vir BSc Rekenaarwetenskap en Informatika in die wetenskapfakulteit. Die bestuur van UJ het reeds met die familie vergader om hul opregte medelye uit te spreek,” het sy gesê.
Kol. Noxolo Kweza, woordvoerder van die polisie, wou nie Maandag meer inligting rondom die voorval bekendmaak nie. “Ons kan nog nie besonderhede bekend maak van wat presies gebeur het nie. Die polisie soek nog na die verdagte en niemand is in hegtenis geneem nie,” het sy gesê.
Volgens Reddy sal die universiteit berading beskikbaar stel vir enige studente wat die voorval sien gebeur het, asook die familie van die oorledene. Die universiteit staan ook die familie by met begrafnisreëlings.
Jammer om te hoor van die student wat met sy lewe moes boet… Hierdie klink vir my baie vaag as hulle dan nou nog nie die skuldige party gearesteer het nie…
Die ‘veiligheidswag’ is soek? Bietjie dik vir ‘n daalder! Maak nie saak of hy in diens is van UJ die feit is dat hy diens gedoen het met die goedkeuring van UJ. Weereens waar misbruik gemaak is van ‘n pligstaat ten koste van ‘n lewe.
Hierdie is waarskynlik moord anders sou hy nie verdwyn het. So onnodig en geen medelye of wat ookal sal ‘n verskoning wees om ‘n lewe te neem.
Was dit ek was ek lankal gejag en opgesluit.
Ek weet nie of ek dit snaaks moet noem of bloot ner verkeerd nie. Mense wat so vining en so haastig is om kommentaar te lewer op iets waarvan hulle nie die feite weet nie. lewer eerder jou simpatie en medelye af aan die familie en hou verder julle kommentaar vir julle self.
Sarel mens het nie woorde vir ons medelesers nie. Netnou gaan hulle tot vertel wat gebeur het.