Valke slaan toe op Buffalo City-kantore

Die Valke slaan toe op die Buffalo City-munisipaliteit in die Oos-Kaap se kantore. (Foto: Verskaf)

Die Valke se eenheid vir ernstige korrupsieondersoeke het Donderdagoggend op die Buffalo City-munisipaliteit in die Oos-Kaap se kantore toegeslaan.

Die klopjag volg nadat bewerings van R30 miljoen se korrupsie rakende Covid-19-kosbewyse by die munisipaliteit aan die lig gekom het. Die verkrygingsbestuurder het na bewering die verkrygingsproses met 18 van die metro se diensverskaffers omseil met die aankoop van voedselbewyse tydens die Covid-19-pandemie.

Dié bewyse moes behoeftige Suid-Afrikaners gedurende die algehele landwye afsondering van hulp gewees het.

Kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die Valke, sê daar is vanoggend op dokumente en elektroniese toerusting in die munisipaliteit se kantore beslag gelê om die direktoraat in sy ondersoek by te staan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Casper ·

Wat gaan die bestuurder met al die kos maak of maak hy voorsiening vir die tronk dae wat voor lê.

Wondermaarnet ·

Dit sal seker nooit die binnekant van ‘n tronk sien nie. Die kaders beskerm mekaar mos.

Wondermaarnet ·

Die kaders kan maar net nie vertrou word nie. Dit was nou al oor en oor bewys. Hul eie mense sal dood van die honger, peste en siektes en hulle sal alles vir hulself vat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.