Varkgriep-uitbreking in Oos-Kaap bevestig

Argieffoto (Foto: David Mark/Pixabay)

Thoko Didiza, die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, het ʼn uitbreking van varkgriep (ASF) by die Amathole-distriksmunisipaliteit in die Oos-Kaap bevestig.

Dit volg ná ondersoeke en ʼn nadoodse ondersoek wat op 13 April 2020 deur departementele veeartseny dienste in die Amathole-distriksmunisipaliteit uitgevoer is. Vyf dorpe is in die Mnquma- plaaslike munisipaliteit besoek waar 50 varke gevrek het. Die dorpe wat in Centane hierdeur geraak word, is Ngede, Nontshinga en Feni. Dorpe wat in Ngqamakwe geraak word, is Ngquthu en Toleni.

Die departement het ʼn kennisgewing aan die Wêreldgesondheidsorganisasie vir Dieregesondheid gestuur.

Die minister het gesê dit is die eerste keer dat ʼn uitbreking van ASF in die provinsie aangemeld word. Oor die afgelope drie jaar het uitbrekings van ASF in die Vrystaat, Noordwes, Noord-Kaap, Gauteng en Mpumalanga voorgekom. Dit is nog nie duidelik of die uitbreking in die Oos-Kaap verbind kan word met uitbrekings in ander provinsies nie.

“Die uitbreking het in ʼn gemeenskaplike omgewing plaasgevind, wat beteken bewegingbeheer en biosekuriteit tussen die onderskeie varktroppe word bemoeilik.”

Maatreëls is reeds in plek gestel om seker te maak dat alle besmette varke so ver as moontlik gehou word van gesonde varke en afsonderlik gehuisves moet word om kontak met ander varke in die gebied te voorkom, het minister Didiza bygevoeg.

Die gebiede waar die uitbreking voorgekom het, is in kwarantyn en varke mag nie in, deur of uit die omgewing beweeg nie.

Verdere ondersoek deur provinsiale veeartseny dienste duur voort om die omvang van die uitbreking te bepaal.

Die minister het gesê ASF raak nie mense nie en die verbruik van varkvleis is veilig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Jessey ·

Asof Vlermuis Griep nie genoeg is nie. Jip isolasie vir alle varke. Onmiddelik

JohanR ·

Soe dit gaan daarop neerkom as al die varke in Lockdown gesit word, dat hulle mag nie vlieg nie want jy mag nie nou in Lockdown 4 grense oorskry nie. Hulle kan nie rook nie, kan nie drink nie, mag net van 06h00am tot 09h00am in die vark hokke rond hardloop, en van 20h00 tot 05h00 nie buite die vark hok gevang word nie. Die man met die hoed Bheki Cele, sal daar wees om te sien dat nie een vark die reels oorskry nie of dit is tronk toe met jou….vark!

Sarel ·

Hier gaan ons. Alle Varkies onder Lock Down. Een ” Vark” mag sy hokverlast nie. Maar meer ernstig nog ‘n terugslag vir die Landbou.

Susan ·

Griet wat nog. Di virus nou varkgriep netnou voelgriep en bek en klouseer was reeds as ek dit ni mis het ni dan is dit seker ons skuld ook jan ni wen ni

Bloedhond ·

Amathole is one of the 7 districts of Eastern Cape province of South Africa. The seat of Amathole is East London. Over 90% of its 892,637 people speak Xhosa.

JohanR ·

Marius – dink nie Thoko Didiza was DAAI een nie. Dit was eerder nou die ANC speaker in die Parliament Thandi Modise. In July 2014, the NSPCA discovered a number of dead animals, including chickens, pigs, goats and geese, on a farm owned by Modise in Modderfontein, outside Potchefstroom in the North West Province. It was apparent that the animals had gone without food and water for more than a week, and 85 remaining pigs on the farm had resorted to cannibalising 58 dead pigs. En hulle wil plase he! As hierdie saak al in 2014 gebeur het, is die nou al ses jaar en sy is nog nie gevonnis nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.