Veearts skiet vrou: Trysie is wakker en lê verklaring af

Trysie en Jesse Coleman. Foto: Verskaf

Trysie Coleman (58) wat voorverlede Vrydag glo per ongeluk deur haar veearts-man, dr. Jesse Coleman (68), geskiet is nadat hy haar glo as ʼn inbreker aangesien het, is buite gevaar, wakker en het reeds haar verklaring aan die polisie afgelê.

Mike Bolhuis, spesialis ondersoeker en woordvoerder namens Trysie se familie, het Maandag aan Maroela Media gesê Trysie is by haar volle bewussyn.

“Sy sterk aan en dit gaan baie beter met haar. Haar gedagtes is 100 persent helder. Haar familie is aan haar sy en staan haar by. Daar is tans ʼn interdik teen Jesse ingestel wat tot die einde van die maand geldig is, om te verhoed dat daar met die ondersoek ingemeng kan word,” het Bolhuis gesê.

Volgens Bolhuis vermoed Trysie se familie gemene spel en sy agentskap, Mike Bolhuis Specialised Security Services, is versoek om dit te bewys, al dan nie. “Sy het reeds haar verklaring aan die polisie afgelê. Ons gaan later vandag met haar praat, waarna die volgende stappe bepaal sal word.”

Bolhuis het gesê hulle werk nou saam met die Delmas-polisie en daar is goeie samewerking.

Jesse het verlede week sy weergawe van die gebeure in die vroeë oggendure op 5 Mei op hul plaas tussen Delmas en Bronkhorstspruit deur die skakelagentskap, Martina Nicholson Associates, vertel.

In sy verklaring het Coleman gesê hy het “diep berou” oor die “skietongeluk” waarin sy vrou ernstig gewond is.

Hy het aangedui hy is diep teleurgesteld en hartseer deur “onakkurate en skadelike” mediaberigte wat ná die voorval deur sommige mediahuise geplaas is. “Dit was ʼn aaklige ongeluk en ek kan nie ophou dink aan die pyn en lyding wat my vrou nou daardeur moet ervaar nie, asook oor die gevaar waarin sy is.”

Coleman het beriggewing verwerp dat hy en sy vrou verhoudingsprobleme gehad het.

Kapt. Carla Hartley, woordvoerder van die Delmas-polisie, was nie onmiddellik vir kommentaar beskikbaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Poppie ·

PRYS DIE HERE! Sy is wakker… Mag die waarheid uitkom. Word gou gesond Mevrou x

T ·

Baie Sterkte! Baie bly sy is wakker. Kom ons hoop dit was n ongeluk, en sit nie en wag vir die lelike nie.

Hannelie ·

Dank die Here dat sy bygekom het! Nou moet sy net herstel en ek glo haar familie se ondersteuning gaan vir haar nou baie beteken. Gou gesond word.

Genieve ·

Hoop net nie die storie het n lelike kant nie. En dat die waarheid sal seevier.

zoom zoom ·

Hoop sy sterk gou aan. Mag so n gelug ook by die Breda saak gebeur sodat die waarheid kan uitkom. Sterkte Mev

Laurika ·

Dit maak nie vir my sin hoekom die man sy vrou geskiet het, en toe gehaas het om haar by die hospitaal te kry, as sy plan van die begin af was om haar dood te skiet? Dan kon hy haar mos nou eerder weer skiet en sorg dat sy dood is.

Rats ·

N dokter en n veearts het geweldige kennis oor medikasie wat uiters gevaarlik kan wees en wat getrace kan word en wat nie, dus maak dit nie sens dat as hy ha wou dood maak dat hy nou juis n wapen sou gebruik nie, mense hou op om altyd die ergste na te streef en kyk wat word aan n man gedoen wat moontlik onskuldig is deur julle kommetaar, hoekom moet ons altyd oordeel, niemand was daar nie , net hy en sy vrou, moenie die arme man skuldig maak as julle nie fuite het nie, nou dat mev wakker is sal die waarheid uitkom. Hou op om so te oordeel

Laurika ·

Rats, dis juis wat ek bedoel. Die man is ‘n veearts, wat dan duidelik ‘n effe hoër IK as die ou op straat sal hê. Ek glo nie hy sou so stupid gewees het om haar te skiet en dan aan die lewe hou sodat sy kan getuig teen hom nie. Derduisende mense is in ongelukkige verhoudings, dit beteken nie hy wil haar dood hê nie.

Jenny ·

Dokters het beslis nie ‘n hoër IK as ander mense nie ! Hulle is net doodgewone mense en maak ook baie dom foute!

Jane ·

Wel die vrou is by en ek glo sy sal 100% die waarheid kan vertel, hoekom sal sy ‘n leuen vertel oor iets wat amper haar lewe gekos het. As dit inderdaad net ‘n ongeluk was, sal dit nou uitkom, as daar ander motiewe was, sal dit ook uiteraard nou na die oppervlak kom. Ek is baie bly sy het die koeelwond oorleef, en is oppad na herstel. STERKTE!

Stem 100% saam ·

Ja Jane, ek stem 100% saam. Veral die feit dat sy oorleef het. Beide kantoe sal dit kalmte en berusting bring, as nie moedswillig, is ek baie bly vir hom en indien ja, moet hy maar vat wat vir hom kom en dan is ek dubbeld so bly.

Riaan ·

Waar het jy nou al ooit gehoor ‘n interdik word teen ‘n slagoffer ingestel om nie met die saak in te meng nie? !

Lot ·

Die beskermingsbevel is teen hom, nie die vrou wat geskiet is nie. Hy ommantel hom wel met slagofferskap deur te beweer dat die mediahuise se negatiewe beriggewing hom emosioneel seermaak, maar dit maak hom nie die slagoffer nie.

Rats ·

Riaan gaan lees weer, die interduk is nie teen die vrou ingestel nie maar teen haar man Jesse wat die wapen hanteer het

Louw ·

Julle moet asseblief julle woorde tel, sodat mense wat wil dagvaar en geld eis nie gronde sal hê daarvoor nie. Dankie.

#NieNogNherhaling ·

O genadetjie kom ons hoop en vertrou dit was net n ongeluk. Ons wil tog nie nog n Oscar, of Panayiotou , of Jason Rhode geval he nie. Selfs al het hulle dalk huweliksprobleme gehad al dan nie; beteken dit tog seker nie hy sou sy vrou opsetlik wou skiet nie. Dit was dalk werklik n ongeluk. Gelukkig het sy oorleef en kan die waarheid die keer uitkom. Indien daar huweliksprobleme was en ook net n ongeluk, kom ons hoop dat die skok van die gebeure hulle sal laat besef hoe kort en kosbaar die lewe is en dat hulle die geleentheid sal gebruik om dus liewer aan hulle huwelik te werk. Sou haar verklaring egter wees dat hy haar opsetlik geskiet het…. en hy wel skuldig is…. nou ja… dan was die huweliksprobleme duidelik baie erger was wat ander besef het, maar hy het steeds nie die reg gehad om te moor nie. Skei sou in hierdie geval baie beter en makliker wees. Indien hy opsetlik geskiet het, nou-ja dan is daar net nog n geval van hartseer in ons land waar mense dink dat hulle sal weg kom met moord. Dan moet hy gaan sit in die tronk waar hy vir baie lank oor sy sondes kan nadink. Word gou gesond Mev. Ons hoop dit was regtig net n ongeluk.

H... ·

Maroela media, hou ons asb op hoogte van die uitkoms.

Dankbaar dat Mev Coleman leef en haar kant van die storie kan vertel. Ek hoop van harte dat hier nie vuilspel aan die gang is nie en dat dit werklik net ‘n ongeluk was.

Hulle is nie meer jong mense nie dit sal regtig waar nie die moeite werd wees om op daardie ouderdom ‘n moord te probeer pleeg nie. Maak nie sin nie.

Sterkte daar aan die familie.

Cherokee ·

Daar is soveel verskillende menings hier, ek dink julle moet dit ‘n geheime stemming maak.

Ad ·

Hoeveel van julle is bekend met die Stocholm Syndroom……..genade daar was hierdie week a konverensie in die Kaap oor vroue mishandeling lees berig op news 24……. ek wonder of ons ooit die verklarings sal sien wat die basis was vir daai Protection order…….waarom slaap a vrou in a skuur of in haar motor….. waarom vlug a vrou na haar famili as a vehouding wonderlik is ……genade die een vrou by die konverensie het getuig hoe a pastoor haar gestuur het om dwelms af te lewer in die kaap en sy het ontsnap na 18 jaar…….berig in die artikel in news 24 Genade wat gebeur deesdae in ons kerke

AD ·

Laurike ……die is vir jou ……die man het gehaas om die vrou by die hospitaal te kry ……sjoe as jy vir 2uur en 30 min vat om by hospitaal te kom en daar is a hospitaal 35 min weg van jou ongeluks toneel af ……..sjoe dan was jy verseker in a ander tyds verloop as wat normale mense odervind en boonop is jy a dokter. Wow maar hy was haastig om die vrou by die hospitaal te kry……en dan vlieg jy nie eers saam jou vrou na hospitaal nie …..wow en boonop bel.jy eerste jou pastoor geskakel voor jy medisie bel……genade ek wonder of dit dalk geloofs genesing was

Tanya ·

Ek stem met jou saam AD. Mens moet darem verskriklik haastig wees as jy eers jou kinders wat in ‘n ander dorp as jy is bel en dan vir so lank vat om haar by die hospitaal te kry.

Poppie ·

Hy het nie gehaas nie. Hy het haar eers vasgehou, toe duvet gaan haal, toe gese hy gaan sy sel haal en toe iemand gebel… Dit maak nie vir my sin nie. Jy hardloop van jy agterkom jy het jou vrou geskiet na jou selfoon om hulp te ontbied.

Ai ·

WAS JULLE AL IN SO SITUASIE??? Niemand weet hoe jy sal reageer as so iets met jou gebeur nie!!! Wie is JULLE in elk geval om te oordeel?? WAS JULLE DAAR??? Sy kind is ‘n medic… Hy is n VEEARTS NIE n DOKTER nie… In so geval skiet mens “blank” Dalk was sy eerste instink om haar vas te hou en die bloeding te stop… Dalk reageer JY wat so oordeel dieselfde as dit jou oorkom WIE WEET??? Vee voor jou eie deur eerste…

AD ·

Ek is 1000% seker die familie wil nie die man in die oe kyk nie en nie oor dat hulle voel hulle was verkeerd nie …….daai familie het opgetree soos a familie wat omgee vir a familie lid wat nie vir haarself kon optree nie…….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.