Lt.kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die polisie, sê die veiligheidswag was omstreeks 4:30 Vrydagoggend besig om patrollie te doen toe hy twee mans langs ‘n kraglyn in Comaraweg gesien het en hulle genader het.
Mogale sê die veiligheidswag het hulle gevra wat doen hulle. “Een van die verdagtes het ‘n vuurwapen uitgeruk, talle skote afgevuur en die veiligheidswag noodlottig gewond.”
Vusi Mona, woordvoerder van Sanral, het die voorval bevestig. “Sanral praat tans met die polisie en die veiligheidskontrakteur oor die omstandighede rakende die voorval.” Mona sê meer besonderhede sal verskaf word sodra die veiligheidswag se naasbestaandes in kennis gestel is.