Veiligheidswag by winkelsentrum doodgeskiet

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Pixabay)

ʼn Veiligheidswag is Dinsdag by ʼn winkelsentrum naby Polokwane in Limpopo doodgeskiet toe hy op ʼn inbraak by dié sentrum in Lebowakgomo reageer het.

Voorlopige inligting dui daarop dat vier gewapende verdagtes omstreeks 13:00 by ʼn onderneming in Lebowakgomo wat geld uitleen, ingebars en kontant geëis het.

Die 48-jarige veiligheidswag het op die rooftog gereageer en skote is by sy aankoms op die toneel oor en weer afgevuur.

Die veiligheidswag is doodgeskiet en een van die verdagtes is in die skietery gewond.

Die veiligheidswag is op die toneel dood verklaar nadat die gewonde verdagte saam met sy medepligtiges met ʼn onbekende bedrag geld in ʼn Ford Ranger-bakkie met ʼn Mpumalanga-registrasienommer op die vlug geslaan het.

Die polisie doen nou ʼn beroep op enigiemand met inligting rakende die verdagtes om na vore te kom. Die polisie vra ook vir enige inligting oor die verdagte wat ʼn skietwond tydens die skietery opgedoen het aangesien hy moontlik in ʼn hospitaal opgeneem kon word.

Inligting kan by ao. Phaladi Makola by 082 749 2233 óf die Stop Misdaadnommer by 08600 10111 óf die naaste polisiestasie aangemeld word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Althes ·

My innige simpatie met die veiligheidswag se naasbestaandes. Die arme man het net sy werk gedoen en om kos op die tafel te sit vir sy geliefdes.
Dit is om van kwaad te raak dat onskuldige mense links en regs vermoor word omdat die land in wetteloosheid verval het.

Jacobus ·

Hierdie land het n absolute misdaad nes geword onder hierdie anc misdaad bende. Die anc het nou sommer weer self bewys dat hulle n terroristiese organisasie is toe mandela se kleinseun hand aan hand met hamas terroriste leiers gestap het.

annie ·

Besighede dra by tot die hoë lewenstandaard wat swart burgers hulself toewens. Nie almal kan die nuutste en duurste wat winkels verkoop bekostig nie maar mense glo dit kom hul toe en ander kan dit koop hoekom nie hulle nie want dit word dan geadverteer en in winkels vertoon. So ek moet en wil dit ook hê en as ek dit nie kan koop nie, sal ek dit vat. En dit is wanneer misdaad en moord voordoen.

Bolandse Nooi ·

Wat annie sê, is nogal waar. Mense begeer goed en as hulle dit nie kan bekostig nie, wend hul hulself tot misdaad om dit te kry – “more’s the pity”. My opinie: sekuriteitswagte in winkelsentrums is nie die papier waarop hul name geskryf word, werd nie. Hulle het geen manier om werklik misdaad te voorkom nie, want diegene wat die misdaad pleeg, is dikwels gewapen en sekureitswagte in winkelsentrums dra nie eens vuurwapens nie. “Taking a knif to a gun fight”, is dit – hoe moet ‘n “baton” iemand beskerm teen ‘n koeël?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.