Veiligheidswag fnuik diefstal by Spar

(Foto: Verskaf)

Twee buitelandse burgers is Donderdag in hegtenis geneem nadat hulle die veiligheidswag van ’n Spar in Evander in Mpumalanga genader het om vir hulle kruideniersware van R250 000 uit dié kruidenierswinkel se stoorkamer te steel.

Die verdagtes het die veiligheidswag R100 000 aangebied as hy die kruideniersware uit die stoorkamer sou neem en by hul winkels aflaai.

Die veiligheidswag het egter die aanbod by sy werknemer aangemeld wat op sy beurt die Valke ontbied het.

Die Valke het toe met behulp van ander wetstoepassingsowerhede ’n strik vir die verdagtes gestel en albei is eindelik by ’n taxistaanplek in Evander in boeie geslaan tydens die aflewering van die vrag kruideniersware.

Daar is gedurende die inhegtenisnemings ook beslag gelê op die kruideniersware, kontant en ’n voertuig wat glo gebruik is om die misdaad mee te pleeg.

Die twee verdagtes sal na verwagting Vrydag in die landdroshof op Evander verskyn.

(Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Harley Davidson ·

Al is dit nou een uit ‘n miljoen maar ek stem ( respek)

Sonblom ·

Wow! Baie dankie aan hierdie veiligheidswag wat die regte ding gedoen het. Ek hoop meer mense volg jou voorbeeld.

Andries ·

Buitelandse burgers nogal,stuur hulle terug na hulle land toe.Eks so g…..l vir buitelandse kaders.

anko ·

Hoop die veiligheidswag word na gekyk. Dankie vir jou eerlikheid

Cherokee ·

Shame, nou moet al ‘na gekyk word’ wanneer iemand dit waarvoor hy betaal word, doen.

Danie ·

Ek het nog nooit n Spar in Evander gesien nie. Waar is die Spar.

Linda ·

Sal nie weet nie, maar Spar produkte is teen spesiale pryse by die Bangladeshi/ Somaliër winkels te koop.☻

Linda ·

Is die 2 wettige burgers, of Illegal Aliens? Wat gebeur dan?Hulle word teruggestuur na hul land, en binne 2 weke is hulle weer op SA bodem en kry net die volgende makliker teiken vir hulle stelery.

Thelsa ·

Dankie tog vir ‘n eerbare Sekuriteitspersoon. As dit G4S was was dit Gone4Sure

Cherokee ·

Ag tòg, hop op om te oordryf. Die sekuriteitswag het gesien die ma en baba se name kom nie ooreen, en dit gerapporteer. Dit is waarvoor hy betaal word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.