Verdagte (80) sterf in skietgeveg met polisie

plaas-polisie-veld

Argieffoto

’n 80-jarige verdagte is Maandag deur die polisie doodgeskiet nadat hy op die polisie losgebrand het toe hulle hom wou arresteer.

Brig. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het vanoggend omstreeks 11:00 plaasgevind in Bergville in KwaZulu-Natal.

“Die verdagte het glo ’n man (44) in die gesig geskiet wat die plaas betree het om sy bokke, wat glo onwettig gekonfiskeer is, bymekaar te maak,” het Naicker gesê.

Naicker het gesê dit is in dié stadium nog onduidelik of die bokke gesteel is of miskien self na die plaas geloop het. “Die voorlopige ondersoek dui daarop dat die man die bokke bymekaargemaak het en op pad was uit toe daar ’n argument tussen die twee ontstaan het. Dit is toe dat hy geskiet is.”

Volgens Naicker het die polisiebeamptes asook gyselaarsonderhandelaars die 80-jarige man genader om hom te arresteer vir poging tot moord toe die man op hulle losgebrand het.

“Hy is doodgeskiet in die kruisvuur.”

Daar is beslag gelê op die verdagte se pistool.

Naicker het gesê dat die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) die saak nou ondersoek. ʼn Saak van poging tot moord is aanhangig gemaak en ʼn geregtelike doodsondersoek is begin.

Die slagoffer word in die hospitaal behandel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Manie ·

Te pateties om n tagtigjarige te moet skiet. Is hulle te sleg om so ou man te oorrompel

Koos ·

Verduidelik asseblief hoe mens bokke op jou plaas onwettig konfiskeer?

Santjie ·

Ja nee Koos… baie jare terug, het die boere die rondloper bokke in ‘n kraal gejaag, of “geskut” en die eienaar moes dan iets soos 50c per bok betaal om dit terug te kry. Dis seker maar wat die oom wou doen, maar omdat almal mos nou dink of aanvaar dat jy kan doen wat jy wil EN nog boonop glo die wereld skuld hulle, het gebeur wat gebeur het.

Margaret ·

Hierdie storie klink baie verdag. n Ou oom doen mos nie sommer skielik op so ouderdom nie. Ek sal nie verbaas wees as daar polisie was wat geskiet het toe hulle nie moes nie. En die storie dat die oom die eienaar van die bokke geskiet het klink of daar n deel van die storie nie vertel is nie.

Blom ·

Ek ruik ‘n rot hier… Hoe kan die 80 jarige nou sê waarom hy losgebrand het..? Ek dalk omdat hy ook geweet het die polisie is ook daar om hom seer te maak…!

Stelling ·

As enige iemand op my skiet, ongeag van die motief of hetsy rede, sal ek ook terugskiet. Die polisie het ook reg tot lewe.

anton ·

Polisie is darm vinnig om n 80 jarige ou mens te skiet wat heel moontelik nie eers meer mooi kan sien nie, maar sê hulle moet die koelbloedige moordenaars gaan vang………..oe nee, dit kan hulle mos nie doen nie!!!

Rats ·

Ja maar as die koelbloederige moordenaars van boere 80 jaar oud was sou dit n anne storie gewees het, die polisie is te bang vir jonger mense en 90% van die wat plaas aanvalle en moorde pleeg tydens plaas aanvalle is 16 jaar en ouer tot 25 jaar oud.

laat n mens net wonder

DC ·

Alle polisielede hierby betrokke hoort agter tralies onmiddelik.

Callie ·

Kom ons kry die feite hier. As dit is soos dit vir my klink moet die die lont wees wat die witman laat opstaan en regverdigheid in die land terugvat. As ons dit nie doen nie, dan moet ons vat wat na ons kant toe kom. Elkeen van daai polisiemanne moet op n onafhanklike leunverklikker toets geplaas word. Ek smeek ons moet hierdie in n baie ernsige lig sien

Werner ·

Polissie was seker daar om die ou te roof toe verdedig hy homself toe skiet hulle hom dood en kook die storie vd bokke

Realis ·

Almal wat so galbraak oor die Polisie; as hulle so sleg is, waarom is hulle nommer op jul selfone as “speeddials”. Verwyder dit en sorteer probleme self uit. Wees net eerlik met julself vir ‘n slag.

rina ·

Realis, ek het nie die polisie se no op my foon nie want ek vertrou hulle gladnie, ek het wel ons dorp se sekuriteitsfirma se no op my foon sou ek hulp benodig

Laurika ·

Ja nee Rina, as jy dom genoeg is om die polisie te skakel gaan een van ‘n paar dinge gebeur: 1) Hulle antwoord nie die foon nie. 2) Die persoon wat wel antwoord, is nie opgelei/bevoeg genoeg om jou situasie te hanteer nie en verwys jou na minute se gesukkel na iemand anders. 3) Hulle tel die foon op, en sit dadelik weer neer, want jou oproep steur hulle slaap.
Ek het my buurtwag op speed dial asook ons sekuriteits firma. Ek is in beter hande met hulle.

Willie ·

Ek het geen respek vir die SAPD nie, nie n draad tyd vir hulle nie… Niks, nada, niks… Korrup en rasisties as jy my vra… wil nie werk nie, en dink hulle is verhewe bo die wet… Bel ons plaaslikke polisie stasie en wen n Datsun as jy deur kom…

Nettie ·

By De Doorns se polisie is dit “Wen ‘n Datsun as jy daarin slaag om met iemand te praat wat darem òf Engels óf Afrikaans op ‘n manier kan verstaan en praat”.

Vra net ·

Realis, ek het ook definitief nie die polisie se nommer op my foon en ek is seker so ook baie ander nie. Ek bel eerder my familie vir hulp as die polisie waarvan mens 90% nie kan vertrou nie.

In woner van Bergville ·

Leer eers die storie agter die storie. Het jul dalk vir een omblik gedink dat die 80jarige dalk die keer rerig nie so onskuldig was nie. Die ” onskuldige” 80 jarige was al vir meenigde kere aangekla by die polisie vir dinge wat jou hare sal laat rys.
Dis een van min gevalle waar die boer nie die slagoffer was nie

madels ·

Klink vir my jy ken die storie agter die storie… nou vertel ons asb?

Hannelie ·

‘n 80-jarige man in ‘n kruisvuur doodgeskiet!! Die polisie is treurig. Weet hulle nie hoe om iemand net te wond nie?? Die polisie het tog sekerlik koeëlvaste baadjies aangehad, ek nie gelees dat enige van hul doodgeskiet is nie. Dis swak. Ek bel eerder die sekuriteitsmaatskappy voor ek die polisie bel in geval van nood.

Andre ·

Geniet en lag lekker. Niemand was daar maar almal gee hul uitspraak nadat hulle die paar lyne (enigste inligting, waar of nie) bo gelees het. Ten minste twintig verskillende bevindinge en uitsprake. Baie dankbaar lesers is nie regters nie. Dit sal chaos wees. Die artikel is net nuus, om in te lig, nie ‘n studie om ‘n bevinding te maak nie. Die gekwalifiseerde regters moet eerder vir werk aansoek doen by die howe. Dan kan hulle die sake op die waglys help afwerk.

Riaan ·

My gevoel oor die storie
Die ou oom vreesbevange oor i moontlike plaasaanval……
Polisie daag op…..Hy weet nie is dit regte polisie of misdadigers wat polisie uniform aan het nie …….Hy is alleen en 80 jaar oud…..Al wat in sy kop aangaan is “hulle wil my vermoor”…….. Ongelukkig het hierdie land se rekord oor plaasmoorde sy tol geeis…….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.