Media24 en Huffington Post het Maandag aangekondig dat dié twee maatskappye se paadjies gaan skei.
Lees meerAlles vir Maandag 16 Julie 2018
Verdagte (80) sterf in skietgeveg met polisie
’n 80-jarige verdagte is Maandag deur die polisie doodgeskiet nadat hy op die polisie losgebrand het toe hulle hom wou arresteer.
Bejaarde egpaar, kleinseun op plaas aangeval
“Die twee aanvallers het al drie slagoffers met kabelbinders vasgebind en geld en vuurwapens geëis voordat hulle die huis geplunder het en ʼn onbekende hoeveelheid kontant, juweliersware en 11 vuurwapens gebuit het. Hulle het van die plaas gevlug het in ʼn Toyota Fortuner wat aan die gesin behoort.”
Man, vrou en baba sterf toe motor, vragmotor bots
“Die mense het veelvuldige beserings opgedoen. Hulle is op die toneel dood verklaar.”
Frankryk help ontsoutingsaanleg in Wes-Kaap finansier
Die aanleg sal volgens die projekbestuurder outomaties aan- en afskakel afhangend van die beskikbare sonlig en ʼn gemiddelde hoeveelheid van 100 kiloliter drinkbare water per dag produseer.
ToekomsVenster: Om saam te bid
Christenskap word nie en kan nie in isolasie bedryf word nie.
EFF vaar uit oor ‘meer nuusdekking aan ANC’
“As nuus regverdig, gebalanseerd en krities moet wees, kan daar nie van proporsionele verteenwoordiging gebruik gemaak word nie. ʼn Joernalis gaan uit om die waarheid te kry, nie 60% nuusdekking vir die ANC nie.”
Las op motoriste dalk nóg swaarder
Die Automobiel-Assosiasie van Suid-Afrika (AA) het Maandag gesê brandstofpryse sal waarskynlik teen die begin van Augustus nog verder styg.
Die wêreld in foto’s – 16 Julie 2018
Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Sangeres bak kolwyntjies vir kankerlyers
“Kinders en diere kan nie vir hulself sorg of vir hulself dink soos ʼn volwassene nie; hulle is afhanklik van ons. So ons moet seker maak ons sien om na hulle.”
Vyf weer in hof oor wrede moord op paartjie
Die saak moes reeds by twee vorige geleenthede uitgestel word vir die beskuldigdes om vir regshulp aansoek te doen.
Wêreldkoorspele eindig op effense vals noot
ʼn Herrie het Sondag op sosiale media ontstaan nadat gebruikers aangevoer het ʼn omstrede strydlied is Saterdagaand tydens die afsluitingseremonie van die tiende Wêreldkoorspele gesing.
Soektog na vermiste vrou in botaniese tuin afgelas
Die soekgeselskap is Sondagaand in vier spanne opgedeel en het die natuurtuin asook die omgewing direk bokant die tuin gefynkam.
Maroela Media Afrikaanse Top-20: 16 Julie 2018
Wie is dié week in die no. 1-posisie?
Beloning uitgeloof ná betoger kat in vuur gooi
“Dié soort onnodige, onuitspreekbare wreedheid het nie ʼn plek in enige gemeenskap nie en het niks met enigiemand se griewe te doen nie.”
Elon Musk dalk hof toe gesleep oor grotredding-twiets
Elon Musk, die Suid-Afrikaans gebore sakemagnaat, word moontlik deur regstappe in die gesig gestaar oor twiets wat hy glo aan een van die duikers wat betrokke was by die opspraakwekkende Thailand-reddingspoging gerig het.
Dokters in private sektor ploeg terug
“Daar is soveel mense wat swaarkry en wat regtig ly. Ons wil graag help en ons hand uitreik, want hoe anders doen ʼn mens dit?”
Salga spring deregistrasie net-net vry
Die departement van arbeid het op 15 Junie ʼn kennisgewing van voorneme om Salga se registrasie te kanselleer in die Staatskoerant gepubliseer.
Sake-egpaar lê klagte teen mekaar ná ‘voorval’
Die sakeman en sy ewe bekende sakevrou het Maandag bevestig ʼn “ongelukkige voorval” het Saterdag tussen hulle in hul huis plaasgevind.
SA se atlete presteer oorsee
Talle van Suid-Afrika se atlete het die naweek uitstekend presteer by internasionale byeenkomste.