Beloning uitgeloof ná betoger kat in vuur gooi

Betogers in Hermanus in die Wes-Kaap (10 April 2018). Foto: Verskaf

WAARSKUWING: Die foto onder aan die berig kan sensitiewe lesers ontstel.

Talle diereliefhebbers het hul steun uitgespreek vir ʼn poging om ʼn man op te spoor wat tydens onlangse onluste in Hermanus in die Wes-Kaap ʼn kat aan ʼn tou geswaai en in ʼn vuur gegooi het.

Gewelddadige betogings het verlede Woensdag vir die soveelste keer in Hermanus uitgebreek – dié keer na bewering oor die inhegtenisneming van ʼn gemeenskapsaktivis van die Zwelihle-nedersetting.

Meer as 1 000 inwoners van Zwelihle het Woensdagoggend vroeg die strate ingevaar en paaie met klippe en brandende buitebande versper. Die onluste het Donderdag voortgeduur, waartydens ʼn skokfoto van die man en die kat geneem is.

Op die foto kan gesien word hoe ʼn betoger met ʼn bruin baadjie met ʼn kappie op, ʼn bruin broek en ʼn wit masker die kat aan ʼn tou rondswaai voordat hy die dier op ʼn hoop brandende buitebande gegooi het.

Die foto het sedert dit verlede Donderdag omstreeks 16:00 deur die fotograaf MC Botha geneem is, wyd op sosiale media versprei. Die voorval het mense so ontstel dat ʼn groep diereliefhebbers geld begin insamel het om as ʼn beloning te dien vir enigiemand wat inligting kan voorsien wat sal help om die man op te spoor.

Botha het gesê hy kan nie met sekerheid sê of die kat lewend of dood was ten tyde van die voorval nie. “Dit was net chaos met die skote wat geklap het en klippe wat gegooi was. Die kat het nie gespartel nie, maar ek is byna seker dit het voor dit rondgeswaai is [nog] gelewe,” het hy gesê.

Die Hermanus Dierewelsynsvereniging (Haws) het die voorval as afskuwelik bestempel en dit ten sterkste veroordeel.

“Dié soort onnodige, onuitspreekbare wreedheid het nie ʼn plek in enige gemeenskap nie en het niks met enigiemand se griewe te doen nie,” het Cheryl Richardson, Haws se woordvoerder, Maandag in ʼn verklaring gesê.

“Ongelukkig kan ons nie die oortreder van die kriminele daad identifiseer nie en ons glo daar is lede van die gemeenskap wat na vore sal kom met inligting om die man op te spoor sodat hy aangekeer kan word.”

Henriette Derby, ʼn selferkende diere-aktivis wat die poging organiseer, het gereël dat die prokureursfirma Adrian Louw en Vennote ʼn trust vir dié doeleinde beskikbaarstel.

Adrian Louw het Maandag aan Maroela Media gesê daar is tot dusver R5 000 deur vrywilligers in die trust inbetaal en dat nog R3 000 verwag kan word deur mense wat tot dusver onderneem het om die inisiatief te ondersteun.

“Die beloning word uitgeloof aan enige persoon of persone wat inligting kan voorsien wat daartoe sal lei dat die man suksesvol opgespoor, skuldig bevind en gevonnis word. Enigiemand wat ʼn bydrae wil maak of wat inligting het oor wie die man kan wees, word versoek om Derby by 060 694 9835 te bel,” het Louw gesê.

Louw het gesê die voorval het talle mense geskok gelaat en hy het van omstanders verneem daar was selfs betogers wat die daad gesien en dit veroordeel het.

“Daar word bespiegel dat die kat nie beweeg of geluide gemaak het tydens die voorval nie. Maar die kat kon geskok of bewusteloos gewees het nadat geslaan of geskop is. Wie sal weet? Dit is steeds wreed, wetteloos en kan nie toegelaat word as protesaksie nie,” het Louw gesê.

Mense wat ʼn bydrae tot die beloning wil maak, kan die bankbesonderhede hier kry. Louw het gesê as die oortreder nie opgespoor of vervolg word nie, sal die geld aan verskeie dierewelsynsorganisasies, insluitend Haws, geskenk word om bewusmaking in gemeenskappe te skep oor hoe om diere reg te hanteer.

Die betoger wat die kat rond swaai. Foto: MC Botha / Verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Afrikaanse Knaap ·

Dan gaan die president ons weer ‘n hartseer storie probeer verkoop oor hoe die arme man grond nodig het.

Waldo ·

diere en troetel diere MAG NIE LY AGV wat mense kwyt raak NIE

LEKKER MAN LEKKER ·

Wat kan ek se. Welkom in Suid Afrika waar alles wat verkeerd is aan die orde van die dag is.

Elsabé ·

Hierdie is lankal nie meer optogte en betogings nie. Dis plundery en plundelaars. Sovêr ek weet is dit strafbaar met die dood in meeste lande.

Francois Laubscher ·

Dis nie sy skuld nie… Dit is apartheid se skuld… Dis apartheid se skuld… Dis…

TRUST? ·

Lees eers van die bedlêende ouman sy vrou altwee met Kookwater gebrand !
BEWYSE vir diereliefhebbers aktiviste welsyn
organisasies wat vrywilligetrust stig ONS MOET NIE VAN DIE WEERLOSE MENSE VERGEET!

Sue ·

Ek sal geld skenk aan die trust. Daar is oor as genoeg organisasies wat mense help. Dis mense wat nie oor diere om gee nie wat nie n poging aanwend om n dier te beskerm nie wat die meeste te se het en wesenlik self nie eers n dooie duit geoffer het aan enige Noodsituasie, hetsy mens of dier nie.

Waarom ·

Hierdie artikel gaan spesifiek oor die kat en noem dat daar ‘n trusts vir hierdie saak gestig is, wat ‘n wonderlike inisiatief is. Niks keer ons om ‘n trust vir ander sake te stig nie. Iemand moet net bereid wees om die leiding te neem.

Valerie ·

Beginsels? Wie s’n, Katrien? Dis afstootlik. Sommiges het nie beginsels nie, watter kleur ook al. Walglik inderdaad.

VE ·

Ek dink die foto van die kat moes nie geplaas geword het nie. Dit is baie wreed

TB ·

Steek jou kop soos ‘n volstruis verder in die sand en hoop alles gaan verby. Mense wat nie standpunt inneem nie help hierdie dade aan

Regtig ·

Regtig van mooi broodjies bak dat dit so gaan. Dit is die realiteit en ons moet dit mos eers sien voor ons standpunt inneem, wat doen jy daaraan, behalwe kritiseer.

Buiteland ·

Versprei die foto regoor die wereld, ons moet nou bewyse beskikbaar stel, nie wegsteek nie.

Belinda ·

En ek moet n land met so person deel????
Hoe siek is dit nie in die lewe nie regtog waar!!!!!!!!!!

Antoni ·

Nee ons hoef nie as ons nou aan die gang met selfbeskikking kan kom.

Andre C ·

Hier in Zwelihe is dieremishandeling aan die orde van die dag.

Nicolaas ·

@ Peanut – dit maak ‘n mens kwaad…maar hy is ‘n mens en Jesus het vir hom ook gesterf – Jesus is ‘n regverdige regter en sou hy nie bekeer nie sal hy onder God se straf staan. Net so met al die ander gewetenlose mense in ons land…maar Jesus se Genade sluit hulle ook in.

DHK ·

Nee wat Nicolaas, Jesus betoon genade aan die wat berou het oor hul sondes en hul tot Hom bekeer. Dit staan ook in die Bybel dat die geloof nie die deel van almal is nie… Wat op die foto te sien is straal beslis geen berou uit nie.

Mario ·

God se wraak sluit ook almal in wat optree soos hierdie man,ons almal weet van Jesus se liefde ons praat van hierdie daad en dit sluit nie Sy liefde in nie,eerder Sy oordeel.

Waarom ·

Nicolaas, God het aan Adam en Eva die opdrag gegee om die aarde te bewoon en te bewerk en om te heers oor die diere (nie diere te mishandel nie). Hierdie saak het nie te make met die man wat die misdaad gepleeg het, se redding of God se genade nie. Laat dit maar aan God oor. Elkeen van ons het die reg tot ‘n opinie en as ons die kop wegdraai van sulke misdade in die naam van Jesus se genade, gaan niemand ooit verantwoording op hierdie aarde vir sy dade hoef te doen nie. Ons is hier op aarde om toe te sien dat, as iemand verkeerd optree, hom tereg te wys. Ek kry nie hierdie persoon jammer nie. Doen aan ‘n ander (en dit sluit die kat in) soos wat jy aan jouself gedoen wil hê.

Pieter ·

Hmmmm, ja – mens kan vra waarom dit nodig is om die foto van die arme kat te plaas. Debateerbaar.

Maar (en hier dink ek net hardop): dis eintlik baie vreemd, sou jy nou mooi daaroor dink, dat mens sê: die foto onderaan die berig kan sensitiewe lesers ontstel.

Hoekom?

Want, is jy “sensitief” as dit jou ontstel, of is jy n normale mens wat instaat is tot normale emosionele reaksies, wat ontsteld (behoort) te wees?

Anders gestel: wat het van jou geword as jy nie ontstel word daardeur nie?

HPV ·

Die land het die afgelope jare van ‘n eerste wêreld in ‘n derde wêreld verval om in pas met die res van Afrika te kom. Daardie optrede is normaal in derde wêreldse lande, heel normaal. Onthou wat het Trump gesê. Dink rommelstatus, jy is in Suid Afrika, die land wat letterlik in ‘n rekord tyd vernietig is.

Anoniem ·

O liewe Here wat is fout met hierdie mense!!! Dit kan mos nie normaal wees nie!!!!!!!!!!

Koos ·

Wie’s verbaas? Diegene wat nog nie weet met watse wreedaardige mense ons te doen het nie sal seker nooit weet nie…

HPV ·

Nicolaas, waar stop mens wees? Waar begin boosheid of te wel die bose? Ja, Jesus se genade sluit mense in, en dit is waar dit stop…

anton ·

Ek stem saam……hierdie is wreed, maar wat van al die witmense wat n siel het, wat wreed deur hulle vermoor en gemartel word???
Niemand samel n sent in om hulle aanvallers te probeer aankeer nie.
Waar gaan ons mensdom heen???

Wanda ·

Ek wens ek kon klip hard skree presies hoe ek voel,maar…ek hou liewer my bek anders gaan ek ook een helse boete en trokstraf in die gesig staar. Gee ʼn beloning ja..kanse is goed dat die een wat sê wie dit was hom nog gehelp het om die kat aan die tou vas te maak ! Ons land is in sy wetter in en dis ons kinders … en kleinkinders wat nog moet kom wat die swaarste gaan kry. Mag die Here met ons wees.

Natan ·

Dit is algemeen by sulke betogings. Ek onthou nog goed hoe talle huisdiere vermink en gedood is met Chris Hani se begrafnis. Daarby word talle diere ondervoed en mishandel op oorgedraagde plase en selfs in die weermag. Hoe jy jou diere behandel is ‘n refleksie van jou moraal. Hulle stem ANC en die ANC swyg oor hierdie anargie. Voorspel niks goeds vir ons toekoms nie, vir die hele land.

Emma ·

As ek so kyk lyk dit vir my na jong kinders wat so aangaan in betogings wat nie skool toe gaan nie. Ouers is dan verskrik as die kinders raak geskiet word.

Waarom ·

Die kinders was waarskynlik nie in die skool nie – die insident het tydens die skoolvakansie plaasgevind.

Johanna Botha ·

Geen gevoel of simpatie met n mens of n dier nie …ek wil net he he he !

Penellope Jones ·

Ek hoop dat die katjie nag en dag by hom sal spook!!!

Anoniem ·

Toemaar, dié mens wat ‘n diere mishandelaar is sal sy dag van afrekening kry ! Die Heilige Gees sal hom / haar nie uitlos nie ! Slegte nuus vir hom / haar ! Jy behoort jou te s k a a m ! ?????

Amanda Wait ·

Mense, ons moetmet geestelike oë na hierdie dinge kyk. Of julle nou glo in God of nie, demone bestaan en slegs demone gaan so tekere. Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die bose geeste in die lug. Met al daai sangomas wie sommiges van hulle besoek, is dit g’n wonder dit gaan soos dit gaan nie. Ope deure in die geesteswêreld vir die duiwels. :(

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.